Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘2012’

Ons (LouMa en LouPa) begin die jaar 2012 met `n besoek aan die Leeupark hier in die omgewing. Was jare gelede daar toe die kinders nog klein was. Intussen is `n paar Japanese toeriste al daar deur die leeus opgevreet, die dat die ou hier so lippe aflek?

4 Koning leeu

Toe is dit werk, en werk en werk soos alle arm mense maar moet doen om lyf en siel aanmekaar te hou. Op die pad veld toe, terug lab toe:

19052009026         29032010317    LewerslakII 004    03062009008

Daar was hier en daar tyd vir pret soos om te veel te drink, of te veel kougom te eet en natuurlik om shopping te doen by Walmart. Daar was ook tyd vir die dieper dinge in die lewe soos meditasie en dans.

Dronkgat     Kougom 6

Wallmart o    Zen Hond   Pragtig 4

April is verjaartyd. LouPa kry `n mikrovlug vir sy verjaarsdag en LouMa vier fees saam met vriende en … ander op haar groot dag.

27 Vlieg 5 Voël vlieg   22 Ma verjaar

In Juliemaand sneeu dit onverwags en word ons tuin in `n Europese wonderland omskep. LouPa se Ariese gene skop in en hy dreig om “Jingle Bells” te begin speel en kersgeskenke te gaan koop.

029

En omdat dit so hel koud is in Gauteng, en om van die stres by die werk ontslae te raak, besluit ons om vir `n naweek by ons vriende in Illovo te gaan kuier. Die see het tog so `n heilsame uitwerking op die siel.

013   025

Dan weer terug werk toe om pap op die tafel te probeer kry, want mens kan nie net van koek alleen lewe nie. En soos gewoonlik kom die wiele toe weer van tyd tot tyd af op die mees ongeleë tyd.

Ongeluk

LouPa teken `n paar prentjies, die kinners skiet en sing en jol terwyl LouMa werk om die pot aan die kook te hou.

Hannlie Gerda      Mathys 4      Marli skiet      063

Toe kom Kersfees en Vader Krismis lê in Afrika besoek af.

Donkie oo

En ons gaan see toe, Bettiesbaai toe. Die jaar is genadiglik verby.

65 Bettiesbaai

Read Full Post »

2012 in review

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2012 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

4,329 films were submitted to the 2012 Cannes Film Festival. This blog had 23,000 views in 2012. If each view were a film, this blog would power 5 Film Festivals

Click here to see the complete report.

Read Full Post »

The end is neigh?

Read Full Post »

Drogbeelde

Ek dink die ouens wat so woes van die anner kant af beduie is wel meestal drogbeelde geskep deur die onnerbewussyn van die ou hier duskant wat onner die invloed is. Tim Leary het hoeka al, in sy vertaling en interpretasie van die Bardo Tödol, keer op keer gewaarku dat ‘n groot deel van wat mens daar annerkant waarneem mens se eie skepping is. Uit ‘n fenomonologies oogpunt is dit ook duidelik dat ervaring in minstens 4 fassette verdeel moet word:

  • Dit wat is
  • Dit wat waargeneem word
  • Dit wat ervaar word a.g.v. die waarneming
  • Die beskrywing van die ervaring

 

Die illusies waaronner ons lewe word hoofsaaklik veroorsaak deur die verwarring tussen die verskillende fassette.

 

Ons glo byvoorbeeld dat dit wat ons waarneem dit is wat is: nie noodwendig so nie! ‘n Drogbeeld op ‘n warm dag van water op die horison is nie water nie – maar wel ‘n optiese verskynsel van liggolwe wat refrakteer deur luglae van verskillende digtheid. Die water is nie, maar die optiese verskynsel is wel.

 

‘n Meer ernstige misverstand ontstaan wanner iemand die ervaring gelykstel aan dit wat is. As iemand anners dan dit wat is op ‘n anner manier ervaar, is daar oorlog, want beide dring daarop aan dat dit wat is gelyk staan aan hulle spesifieke ervaring en daarom moet die anner se ervaring noodwendig teenstrydig wees met dit wat is.

 

Die grootste wanopvatting ontstaan wanner mens jou beskrywing van jou ervaring, soos gekleur deur jou lens van waarneming, gelykstel aan dit wat is. So beskryf die perd van 2012 dan sy hallusinasies en dwelm gebaseerde ervaringe as DIT WAT IS, sonder om die vaagste bewustheid te hê dat eerstens, hy self in sy gedagtes die drogbeelde geskep het, en tweedens, dat sy beskrywing van daardie ervaring nie gelyk gestel kan word aan dit wat is nie. Hy is egter nie een van ‘n minderheid wat sulke verwarring as die waarheid verkwansel nie, maar ongelukkig eerder ‘n lid van die hedendaagse meederheid van predikers wat ‘n goeie bestaan daaruit maak.

Read Full Post »

%d bloggers like this: