Prentjies van 2021
Baldwin sê; “the primary distinction of the artist is the willingness to maintain the state everyone else most zealously avoids: aloneness — not the romantic solitude of the hermit by the silver stream, but the raw existential and creative loneliness.”
Die jaar van onse Liewe Heer 2021 was, soos die Koningin gesê het (en almal van ons uit eie ervaring weet), ‘n “anus horribalis”. Dit was nie vir my ‘n tyd van opwinding en kreatiwiteit nie, inteendeel. Prentjies maak en skryf was die laaste ding waarvoor ek krag gehad het. En toe ou Covid 19 en sy vriend Ou Mikron begin maai onder vriend en vyand, het die bodem van my skip heeltemal uitgeval.
Tog het ek so nou en dan die kwas gevat en ‘n paar hale verf op doek gemors. Op die blog het ek ook nou en dan iets geskryf, maar stories maak wou al vir baie lank nie werk nie, hulle het ‘n draai om my geloop. Johann se dood in 2018 en ‘n beroerteaanval in 2019 het my nie juis huppelend blymoedig gelaat nie.
Rilke: “works of art are of an infinite loneliness”.
Miskien sal 2022 beter wees. My vrou het my reeds opdrag gegee om vir haar ‘n prentjie te teken. Dit mag net nie ‘n prentjie van ‘n kaal vrou wees nie! Ek verbeel my sy het iets van “orige ou mans en hulle kaal meisies” gemompel. Kan verkeerd wees, die ouman hoor lankal nie meer so goed nie.
Huxley writes:
From pure sensation to the intuition of beauty, from pleasure and pain to love and the mystical ecstasy and death — all the things that are fundamental, all the things that, to the human spirit, are most profoundly significant, can only be experienced, not expressed. The rest is always and everywhere silence.
Huxley is reg: ons probeer, maar stilte is uiteindelik al wat oorbly.
Dalk min maar steeds goed gedoen. Iets om te wys ten spyte. Onthou kunstenaars is nie masjiene nie, em teken wat hulle wil en wanneer hulle wil. Doen so voort!
Dankie Loukie. Ek beskou myself nie as ‘n kunstenaar nie, ek teken maar net prentjies. Weet nie waarom nie, is maar net iets wat ek soms voel om te doen. En soms werk dit, en soms nie.
Ek moes die stryd teen doof opgee.
dit lyk my dit gaan ‘n duur storie wees
Wow, jy het ‘n talent gekry met die uitsonderlike mooi skilderye. Ek het al baie gewens ek kon skilder.
Omdat jy nie kan hoor nie, of omdat jy nie wil hoor nie vvo? (Ockert van Vuuren?) As jy nie kan nie, dan gaan dit ‘n duur storie word, ek weet uit eie ondervivding. En as jy nie wil nie, gaan dit ook ‘n duur storie word want dan koop vrou en kind sommer sakke vol klere by duur winkels en en as jy kla dan sê hulle maar hulle het gevra en jy het gesê ja!
Dankie Daisy, maar jy kan ook. Probeer maar net. Treat jouself hierdie nuwe jaar, gaan loop klas by iemand wat kan en voor jy weet maak jy ook prenjties. Kom kyk eendag weer hier, ek gaan weer my eie “Groot 5” skilderye hier wys.