Ek lees in Die Huisgenoot van Harry Kalmer se dood. Ek gaan vertel vir my vrou en dogter van Harry se dood. Ek vertel vir hulle van Harry en dat ek sy “Briewe aan n rooi dak” en “Die lekkerste deel deel van dood wees” op my boekrak het.
Ek vertel vir hulle van sy gesukkel om sy boeke gepubliseer te kry en om dit gelees te kry. Ek vertel ook vir hulle dat ek en Harry op WordPress vriende was waar hy n blog gehad het waar hy onderneem het om elke dag vyftig woorde te skryf om hom te help uit sy “skrywers blok” te kom.
Ek lees ook vir hulle uit Die Huisgenoot dat Elna van der Merwe voorstel dat Harry se boek “Duisend stories oor Johannesburg” herdruk moet word, dan kan hy (tenmiste) na sy dood bekend word.
Sê my vrou dit klink na n goeie plan …
Vra ek; om dood te gaan sodat ek bekend kan word?
Sê sy; nee man, om elke dag vyftig woorde te skryf om jou te help om na jou beroerte oor jou gesukkel met woorde te kom!
Ek is jammer Harry is dood. Julle kan gerus van sy boeke gaan lees. Sy laaste boek “In n Land Sonder Voëls” het pas op die boekrakke verskyn.
Hy het n unieke manier van skyf gehad, en hy het oor vreemde onderwerpe, fassinerende skories gekryf. Hy was beslis nie jou gewone Afrikaanse prulskrywer (waarvan ons n oor-aanbod het) nie. Sy stories het altyd skop, en somtyds ook n byt in hulle.
Nou ja, hier is dan my eerste (meer as) 50 woorde, maar ietwat huiwerig. Harry het nie vêr gekom met sy 50 woorde projek voor dit (en heelwat later hy) tot n einde gekom het nie.
Harry Kalmer is dood; Lang lewe Harry Kalmer.
My hart is ook seer oor Harry.
Ek het ook sy boeke op my rak, moet egter nog die nuutste een koop 🙂
Niks fout met nie skryf nie, dalk selfs nuwe diepte.
Doen so voort!
Net Ek, het jy destyds sy Vlieger storie gelees? Dit was nogal `n interessante skryf eksperiment soos net hy dit kon doen.
Dankie Loukie. is goed om jou hier te sien. Ek sal probeer om elke dag 50 diep woorde te doen!
Jip hy is ook op my rak 🙂