Feeds:
Bydraes
Kommentare

Uiteindelik; Mosselbaai

Die eerste dag, n wandeling op Diaz Strand

Dis koel en bewolk, maar dit is Mosselbaai, dit is by die see en dit is heerlik.

Die koel weer en die ver loop maak ons honger en ons gaan eet ontbyt by die bekende Punt restaurant.

Cobie en Elsa gesels terwyl Johan die spyskaart bestudeer.

Die uitsig van die restaurant af. Koel en bewolk met druppels reën so nou en dan. Groot koppies koffie hou die lyf warm. Mens ontspan stadig uit die stad se gewoel wat deur die jaar in elke vesel van jou liggaam gaan nesskrop het. Vars seelug maak die ou kop stelselmatig oop. Dit gaan langer vat om die beklemming om die hart te laat skiet gee.

Later in Hartenbos loop ons vir oupa en ouma op n bankie voor n winkel raak, uitgevat in kisklere. Ons vermoed hulle is op vakansie, iewers van n plaas in die Vrystaat of die ou Wes Transvaal af.

Maar vakansie by die see beteken sand en see en vars lug. Mens hang nie in winkels rond nie, dit kan jy by die huis gaan doen.

“We are here essentially to risk ourselves in the world. We are a form of invitation to others and to otherness, we are ment to hazard ourselves for the right thing, for the rifght woman or the right man, for a son or a daughter, for the right work or for a gift given against all the odds. And in all this continual risking the most profound courage may be found in the radical and simple willingness to allow ourselves to be happy along the way …”

Aangehaal uit die filosoof en digter David Whyte se gedig : “We are Here”

 

Dit is vakansie, ons gaan Happy toelaat om te gebeur. Ek dink Mosselbaai en Pinnicle Point Estate leen hom/haar uistekend tot Happy, al reën dit. Ek voel dit aan my lyf. Ek sien dit aan die Mosselbaaiers. n Paar dae van Happy kan mens nie skade aandoen nie. Ons gaan “risk” en ons gaan “hazard”, ons gaan geniet.

Advertisements

4 Responses

  1. Mag jul vakansie aan al jul verwagtinge voldoen. Geniet die see!


  2. Geniet elke oomblik!


  3. Nuna, die see is altyd baie spesiaal. Geniet elke oomblik daarvan. Maar ons sing nou nie sommer so in die openbaar saam met vreemdelinge soos party van ons nie! Ek hoop jy het n opname gemaak van daardie imprompto optrede van jou daar in Balie? Sal dit graag wil hoor.


  4. Toortsie, ek kan nie wag dat ons permanenet daar langs die groot waters kan gaan aftree en ontspan nie. Sodom hier bo maak `n mens gedaan.



Comments RSS

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: