“If Western consumer culture sometimes resembles a bulimic binge in which we taste and then spew back things that never quite nourish us, the ascetic, anorexic alternative of rejecting materialism altogether will leave us equally starved. Who, then, can teach me how to celebrate my possessions with the mindful, celebratory spirit of a gourmet?”
Nick Thorpe
Nick skryf `n goeie storie oor die siekte van `n verbruikers-kultuur. dit kan hier gelees word: http://www.dailygood.org/more.php?n=5890
Lang storie oor hoe ons dit kan teenwerk, selfs omkeer deur meer bewustelik met ons “goeters” om te gaan. Meer respek. Beter onderhou. Wees lief vir jou kar, jou ketel, jou katel en jou selfoon, dan sal dit langer hou en minder goed beland op die ashoop.
Die reaksie op Nick se skrywe borduur voort op dieselfde trant. Dwing produsente om meer duursame en herstelbare produkte te fabriseer. Doen so weg met die gooi-weg-en-koop-n-nuwe besetenheid van ons tyd. Daar is selfs spekulasie oor sameswerings deur fabrikate om goed te maak sodat dit nie lank sal hou nie.
Ander redeneer dat die kort lewensduur van produkte die onafwendbare gevolg van tegnologiese vooruitgang is. Dit klink vir my na `n redelike aanname. Produsente kompeteer met mekaar om voor te bly om met nuwer, verbeterde, opwindender produkte vorendag te kom. En dit is goed. Dit beteken vooruitgang. Dit beteken meer werksgeleenthede, want as jy skielik duursamer produkte maak wat langer hou, kom miljoene mense se werk in gedrang
So gee almal raad en doen voorstelle om die aanslag op die ou aarde te verminder. Want plunder, plunder ons ons blyplek tot rampspoed vir al die meer as 7 biljoen van ons.
En hier lê die grootste problem. Ons nader die 9 biljoen kerf, en elkeen wil die maksimum hê wat sy geld kan bekostig … en meer. En dit is wat vreemd opval van Nick en sy maters. Almal gee raad, maar nie een dink eers daaraan dat aanteel, en nie produksie nie, besig is om die aardbol te vernietig. Niemand noem dit dat, indien ons die mens se aanwas nie baie, baie gou in toom kry nie, daar absoluut geen manier is waarop ons verbruik gaan verminder, en dus die vernietiging van die Aarde gaan stop nie.
Waarom is daar hierdie totale, wêreldwye taboe om oor geboortebeperking te praat? Geen regering (behalwe die Chinese) het die moed om die probleem openlik aan te pak nie. Op geen wêreldforum word dit openlik bespreek nie. Ons maak slim praatjies soos hier bo, intussen steek ons die wêreld letterlik aan die brand.
Ja, die Chinese praat oor te veel teel in hulle eie land, terselfdertyd gee hulle glad nie om as hulle landsburgers in ander lande teel nie…
Toe ek 30 jaar gelede getroud is, was die algemene sê dat jou elektroniese toerusting NET 10 jaar gaan nou. Deesdae is mens gelukkig as dit NET sy waarborgtyd hou…
Is so Toortsie. Niks hou meer nie, nie eers toortsies nie 🙂 Is `n sameswering.
Die Chinas het `n plan. In ander lande teel hulle sodat hulle uiteindelik die meerderheid is en die wêreld kan oorneem. Ons gaan nog verlang na ou Zuma en sy ANC!
Dis net jammer ou Zuma besef nie die gevare wat die geel vir sy eie mense inhou nie
Miskien netsoveel gevaar as ons Jan v R en sy mense vir die swart bevolking ingehou het? En net soos destyds, weet hulle steeds nie. Die ou wêreld draai en draai sy eie verhale, en ons dog ons is in beheer.