Dankie Joh, nou lyk die Prentjies baie mooi en op hulle plek. Ek dink ons moet iewers sê “klik op die piekiekiekies om hulle vet te maak”
Dankie, ek sal die ander weldra byvoeg.
Dankie Joh, nou lyk die Prentjies baie mooi en op hulle plek. Ek dink ons moet iewers sê “klik op die piekiekiekies om hulle vet te maak”
Dankie, ek sal die ander weldra byvoeg.
Posted in Louwie | Tagged blou meisie, prênkies | 2 Comments »
U wil geskied tot in die ewigheid (of tot ek anders besluit) amen.
Dit het nog altyd aan my siel geknaag, so `n vae onrustigheid dat iets iewers nie reg is nie. Nou kom “Die Wit Umfaan” in Sondag se Rapport en klaar die hele probleem op.
Sy skrywe handel hoofsaaklik oor die gedurige gehamer aan die kerk se deure deur ontevredenes. Elke Jan-Rap en sy maat het iets teen een of ander gebruik in die kerk en wil dan opsluit hê die kerk moet verander om hom en sy geite te akkommodeer. Die Bybel moet nuut ingelees word om sy standpunt as reg te bewys.
Op kulturele en politieke gebied gaan dit nie beter nie. Dis onvrede en afstigting en verguising.
Vernuwing en verandering is sekerlik `n goeie ding. Stagnasie die dood in die pot en heilige koeie moet van tyd tot tyd geslag word.
Maar soos die Umfaan sê, hoekom moet die kerk met sy eeue oue tradisies by jou giere aanpas? Hoekom vat jy nie eenvoudig rustig jou goed en loop jou eie pad nie?
Dit, sê die Umfaan, kan die Afrikaner om die dood nie doen nie. Hy moet aan die trop behoort, hy wil voorgesê word wat om te doen of hy wil die trop agter hom hê vir ondersteuning.
Eers was dit die kelkies of die beker vir nagmaal en die sing van Gesange of Psalms. Onvrede en afstigting is die gevolg. Toe die groot probleem van vroue se rol in die kerk en nou is dit gay regte en saambly en seks voor die huwelik. En die kerk moet aanpas of ek bly hamer teen die deure des Gods tot jy verander of…. ons stig af.
As jou siening drasties verskil van die wense van die meerderheid in die kerk, die voortrekkers, die Vrymesselaars, die koeksistervereniging, waarom nie omdraai en wegstap nie? Wat het die koeksisters wat jy so dringend nodig het dat jy nie sonder hulle kan klaarkom nie? Of is jy eenvoudig te bang om jou eie ding te doen, te bang vir wat ander van jou mag dink of sê?
Om te behoort is `n ernstige sielkundige behoefte, redelik laag af in die hiërargie van sielkundige behoeftes. Jou halsstarrige vasklou aan die trop sê dus dalk meer van jou persoonlikheid as die suiwerheid van jou geloof of jou politieke of sosiale oortuigings.
Posted in Uncategorized | 6 Comments »
Posted in Louwie | Tagged Kersfees | 5 Comments »
En hierdie groot, wonderlike gedoente is toe weer aangeskakel en, lyk dit my, niks het gebeur nie behalwe dat daar `n hengse ontploffing oor die Laeveld gesien is 11 uur die nag!!
Lees nou hierdie stuk aandagtig en dink mooi wat die ou hier sê.
CERN is a huge and now venerable operation. (It launched in 1954.) Today it comprises 2,300 permanent staff and 10,000 scientists, who spend their days trying to answer the biggest questions in the Universe by looking at the smallest things within it. There is a huge amount — a really quite stunning amount — that we still don’t know about the Universe and how it is put together. Consider the proton. A proton is a very small, fundamental part of an atom and it is made from three even smaller particles known as quarks. But here’s the thing: the proton is a hundred times more massive than the three quarks that make it. Where does all that extra mass come from? We have no idea.
The most remarkable information gap of all surely is that we don’t know what most of the Universe is made of. If you add up all the matter there is, it accounts for only about 4 per cent of all that there must be. To explain things like how fast galaxies spin and the rate at which the Universe is expanding, the Universe must be full of much more stuff. Scientists call this missing stuff dark energy and dark matter, and it’s everywhere. It’s here with us right now, but we just can’t see or measure it, in much the way that we can’t see or measure a thought. Thoughts exist, clearly, but they have no physical presence. CERN’s challenge is to work out what these cosmic thoughts are made of.
To do so, they build massive, complex detectors. Ten miles or so from the main CERN campus, deep underground, stands the vast and heavy piece of equipment known as the Compact Muon Solenoid. All but filling a cathedral-sized chamber, it is a gleaming, multicoloured, exquisitely engineered, massive, awesome creation — surely the largest thing ever to be built with the word “compact” in its title.
The CMS is the work of 2,000 scientists, among them Tejinder Virdee. Virdee grew up in Kenya but came to England when he was 15. He is a professor at Imperial College London, though it has to be said that the position is a little on the nominal side these days. He has been on leave of absence for 16 years. Virdee has spent two decades planning and overseeing the building of the CMS and he explains every bit of it with an endearing enthusiasm, as if he can’t quite believe that something this marvellous really exists.

One of the things Virdee hopes to find with his ingenious solenoid is the famous, and famously elusive, particle known as the Higgs boson. It is the particle that endows things with mass. “It is,” Virdee tells me, “what allows us to exist. Without the Higgs boson we would all be puffs of radiation.”
The Higgs boson is named for Peter Higgs, a British physicist who was one of several physicists to posit its existence more than 40 years ago. It is a hypothetical particle, invented to plug a hole in an equation, so there is no certainty that it exists at all. Even if real, it is a fairly notional thing. Scientists won’t be able to fill up a jar with Higgs bosons and pass them around for examination. Higgs bosons die as soon as they are born, so they reveal themselves as what they decay into. If a researcher sees four muons (a particle similar to an electron) tracking across his screen in the right way and if that can be repeated often enough to achieve a statistical condition known as Five Sigma, then they know they have got the elusive Higgs boson.
Virdee and his colleagues also hope that they may find gravitons, the hypothetical particles that act as the carrier of gravity, and the heavy particles that would substantiate the theory called supersymmetry. This in turn would explain dark matter, or at least begin to. With luck they may find particles and dimensions not yet imagined, or hints to explain why the vast amount of antimatter that must have been created when the Universe began is nowhere to be found now.
Ek haal belangrike dele van die stuk hier aan. Die feit is:
“There is a huge amount — a really quite stunning amount — that we still don’t know about the Universe and how it is put together.”
`n Wonderlike stukkie eerlikheid uit die land van weet alles, ken alles want ons het so `n wondelike brein.
Die Crhistus, die Buddha, Baal Shem Toff, en meer onlangs Don Genaro, verskyn op dieselfde tyd, op verskillende plekke aan verskillende mense. Gelowige mense sê ons weet nie hoe dit werk nie, maar dit het gebeur. Psigiese mense sê ons weet van die astrale liggaam en astrale projeksie en dit is al hoe ons dit kan verklaar.
Wetenskaplikes stik in hulle spoeg en verf hulle eie dwaasheid op busse.
“But here’s the thing: the proton is a hundred times more massive than the three quarks that make it. Where does all that extra mass come from? We have no idea.”
En as gelowige mense sê een ou het op die water geloop, ons weet nie hoe nie, maar daar is ooggetuies wat so sê, dan sê die slim ouens julle lieg. Dit is onwetenskaplik, `n mens kan nie op water loop nie hy MOET sink. Maar iets wat honderd maal swaarder is as dit waaruit dit saamgestel is moet jy maar glo want wetenskaplikes glo dit is soos dit moet wees.
Dieselfde ou verander water in wyn en dit gee wetenskaplikes `n pyn. Gelowiges sê dit was so, ons weet nie hoe nie maar eendag sal ons wel weet. Dit word afgelag en bespotlik gemaak.
“Scientists call this missing stuff dark energy and dark matter, and it’s everywhere. It’s here with us right now, but we just can’t see or measure it, in much the way that we can’t see or measure a thought.”
In die naweek se Beeld maak George Claasen weer die sg. “energy healers” bespotlik. Hy sê daar is geen wetenskaplike bewys vir die bestaan van energievelde rondom mense nie. In die lig van bogaande aanhaling kan mens maar net jou kop skud in ongeloof.
Daar is duisende mense wat die menslike aura kan sien, wat die sg. “derde oog” kan sien en wat soos Elsa, die geeste kan sien wat hier by ons kom rondhang (selfs die een sonder `n draad klere aan in ons voorkamer die ander dag!). “It’s here with us right now, but we just can’t see or measure it”
Die een word beskou as waar, as wetenskaplik. Die ander is leuens, stories vertel deur bedriëers, soos George beweer oor die program “Die Anderkant” op TV.
Ek dink die Hedron Versneller is `n wonderlike stuk gereedskap. Ek hoop dit gee vir ons antwoorde.
Ek dink ook daar is baie meer in die hemel en op Aarde waarvan ons nie `n idee het nie.
Posted in Louwie | Tagged Hedron versneller, kaalgat spook, leuenaars | 10 Comments »
Eens op ʼn tyd was Boetman die bliksem in, nou is Boetman in sy moer in. Dis so sad, so treurig dat ʼn ou wat tog ʼn verskil kon maak tot sy einde moes kom met die vyand se geweer teen die ken, iewers in ʼn vervalle hoenderhok. Fok, dis banaal!
Het Chris Louw in sy laaste dae gedink daaraan dat die mense vir hy so erg die bliksem in was, die onnosel PW, die dwaas de Klerk, die verraaier Malan en al die ander, dat hulle dalk tog reg was, dat hy nie in ʼn sinnelose oorlog in Angola geveg het nie, dat elke jaar wat die ANC uit die regering gehou was ʼn paar maande ekstra vir die beskawing hier aan die suidpunt van donker Afrika gekoop het?
Toe hy sien dat die laggende ANC hiënas dansend om die laaste vestings van beskawing aas, toe blaas die dapper stryder sy kop weg? In ʼn hoenderhok? So totaal platgeslaan, so totaal verneder?
Die ergste is, daar is duisende Afrikaners daar buite wat so voel, wat soos Chris sê, dit is net nie meer die moeite werd nie. Die groot droom van 1994 het ʼn nagmerrie geword, ons kan nie wen teen hierdie barbaarse aanslae nie.
Kom ek maak nou ʼn voorstel aan almal wat daaraan dink om sy of haar kop weg te blaas, of wat beplan om sy of haar kinders en man of vrou te vermoor. Gaan sit en skryf ʼn brief soos Boetman in sy dapper dae. As jy so voel, skryf dat PW ʼn drol was, dat FW ʼn moroon is en Zuma ʼn aap. Vertel vir die wêreld wat jy dink van Julius Mal (ema) of Mal Julius. Vertel van al die barbaarse moord en doodslag en dierlike verkragtings van tagtig jarige ou tannies en pap babas.
En dan vat jy jou brief en gaan plak dit teen die standbeeld van Oom Paul op die plein vas (soos Martin Luter destyds … hier staan ek, ek kan nie anders nie), en in plaas daarvan dat jy soos ʼn lafaard jou gesin uitwis, jaag jy ʼn koeël deur jou kop sodat die bloed teen oom Paul se voete afloop. Op die manier sterf jy nie ʼn obskure, eensame dood nie, maar koop jou patetiese, sinnelose lewetjie ten minste martelaar status vir jou Volk, vestig jy uiteindelik die aandag van die wêreld op die lot van jou mense. Na die tiende voorval kan die wêreld nie meer hierdie desperate pleitroep ignoreer nie.
Maar nooit, nooit weer mag dit so desperaat in ʼn vervalle hoenderhok/voëlhok gebeur nie, dit maak my die bliksem in. (Hoor hoe lag die hiënas daar buite in die nag!)
Posted in Louwie | Tagged Boetman, hiënas, Selfmoord | 2 Comments »
Dhammapada vers 63
Die dwaas wat weet hy is dwaas
het ten minste ‘n biekkie wysheid;
maar die dwaas wat dink hy is wys
is voorwaar ‘n dwaas.
Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:
Om ons eie tekortkominge op die regte tyd en op in ‘n goeie manier te erken kan bevrydend wees. Wanner ons ophou om aan ander voor te gee dat ons perfek is, hou ons ook op om onsself ‘n rat voor die oë te draai. As ons onsself kop toe vat kan die duister wat vrees in ons skep nie deur die lig van insig deurdring word nie. Wanner jy bang is, let net op hoe die hart verhard en ‘n sterk gevoel van “ek” skep. Op ‘n sekere vlak voel hierdie “eie-ek” nogal goed –“ek” is ‘n soliede iemand. Maar hierdie soliede “ek” dwaal rond en bots met anner soliede “ekke” en laat ‘n spoor van kwetsing en verdriet agter. Om dìt te verstaan kan lei tot ware nederigheid.
Posted in Joh | Tagged Boeddhisme, dwaasheid, maanpreke, volmaan | 2 Comments »
Moraliteit is ‘n sosiale konstruk, gegrond op ‘n groep se ooreengestemde werklikheid, wat funksioneel die voortbestaan van beide die groep sowel as die individu onderskraag deur die wisselwerking van sekulêre waardes.
Deugsaamheid is gegrond op die universele begrip dat daar geestelike waardes is wat beide die individu sowel as die groep se sekulêre bestaan transendeer.
Sonder deugsaamheid is moraliteit verdoem tot die ewige stryd om oorlewing.
Sonder moraliteit is deugsaamheid ‘n klug wat ‘n bespotting van bestaan maak.
Posted in Joh | Tagged deugsaamheid, moraliteit | 24 Comments »
Ry ons gister (N) SAP kantore toe om ons dogter se ondronsie met `n paal met ons kar te gaan aanmeld terwille van Outsurance.
Reg langs die SAP kantore is daar toe `n verkeersknoop. Ons vind `n 80 something witkop tannetjie in `n steeks Hunday Getz as oorsaak van die onvrede op die pad. Ons hou langs haar stil en vra nou wat?
“It won`t go” sê sy heel vrolik. Moeder Maria sê hang in daar ons kom.
Gaan parkeer ons kar en loop na haar toe. Ander karre ry ongeduldig by haar verby. Ek vra wat is fout, sy sê weer “It won`t go”. Ek sê klim uit laat ek sien.
Ag vader tog, sy is so oud sy kan skaars loop. Ma kom help en ek sê gaan parkeer die antie daar op die sypaadjie onder `n boom.
Klim in die tjor en draai die sleutel en whalla !!!!! die kar start onmiddelik. Sien sê ek triomfantlik, so maklik as dit. Kom klim in en ry. Die outannie sê “I know, but it won`t go”. Ek sê wat bedoel jy? Sy sê weer “it won`t go” en ek dog whatch my nou, as hierdie robot groen word dan gaan ek hier vandag rubber brand met die tjor.
Rev die enjin lekker warm, lig slaan groen, trap die petrol en laat los die koppelaar en …. niks, net die enjin wat blou moord skreeu met die toere in die rooi. Kar staan botstil, antie is reg “It won`t go”.
Ek sê vir Ma kom klim agter die stuur van die steekse tjor in dan stoot ek hom gou oor die straat na die naaste parkeerplek toe. Dis `n ou piepklein karretjie, hoe moeilik ka dit nou wees.
Gelukkig kom `n karwag help stoot. Die naaste parkeerplek is so 100 meter verder oor `n robot by `n dubbelweg. Toe die lig groen word toe stoot ons. Voor ons nog halfpad oor die eerste 3-baan straat is slaan die lig weer rooi. Die verdomde kar is swaar. En vreemd genoeg, die verkeer bly doodstil staan en wag vir ons om selfs die oorkantste 3-baan straat oor te steek.
Teen die tyd wat ons by die parkeerplek kom jaag my asem, my tong klou aan my verhemelte vas van dors en my arme swak hart met al sy omlynings dreig om die gees te gee. Ek sweer as my bose prostraat (waarvan mens nie mag praat nie) nog met my was sou die ook gekla het van mishandeling.
Ek gaan sit en hyg na asem op die trap van `n winkel. Ma loop terug om die ou gryskop vroutjie te gaan haal en weer te herenig met haar siek kar. Ons wag by haar tot die AA opdaag, toe gaan ons voort op ons sending na die (N) SAP. Daar weier die apatiese dames agter lessenaars om ons te help. Genadiglik kom `n wit sersantjie tot ons redding, maar dit is annerdag se storie.
Ons gaan terug na die ou, vermoed ons, Joodse antie en haar mank tjor. AA sê hulle sal die ding fix. Ma ruil telefoon nommers met die antie uit en vra waar sy bly. Net hier agter iewers, sê die ou vroutjie, maar sorry, sy kan nie mooi onthou watter voorstad nie want sy ly aan Altzheimers. Is nog nie te erg nie, maar sy kan nie meer alles so mooi onthou nie. Ma belowe, sodra ons ons besigheid met ons eie gekneusde kar uitgesorteer het kom ons terug. Die antie was op pad om haar hondjie by die salon te gaan haal en sy is erg bekommerd oor die hond. Hoe gaan sy by hom kom as hulle nie die kar gou kan regmaak nie.
Ons doen ons besigheid en gaan terug na die parkeerplek. Geen teken van die tjor en sy eienaar nie. By die huis bel Ma die nommer wat Stolla (die Joodse vroutjie met Altzheimer) vir haar gegee het. Die bediende sê nee, the old lady is not back yet. Bel later weer. Die keer is sy tuis. “I am not taking this well, not well at all,” sê Stolla beteuterd. “What about my dog?” Die kar is nog nie reg nie, dit gaan `n dag of wat vat. Moeder Maria sê byt vas ek kom, ek sal die hond gaan haal en vir jou bring sê net waar die hond is en waar jy bly.
Gelukkig kan sy nog die straat se naam en selfs die nommer onthou waar sy bly, maar steeds nie die voorstad nie. Die GPS beduie een rigting, die straatkaart `n ander. Ma vertrou die straatkaart, kry die hond en vat hom huis toe.
Twee uur later bel ek bekommerd vir Ma, waar de duiwel is jy? Sy en die Stolla drink net eers tee. Kalmeer haar net eers bietjie dan kom sy huis toe.
Baie later daag sy weer by die huis op met `n lang storie.
Stola, nou 82 jaar oud, is op Kreta gebore van, klink dit, `n Griekse ma en `n Sweedse pa. Later trek hulle Swede toe waar sy opgroei, onderwyseres word en die wêreld vol klasgee. Op 32 trou sy met `n ingeneur na sy gesweer het sy sal nooit `n man vat nie want sy is niemand se slaaf nie. Iewers in die sestigs trek hulle na Suid Afrika waar haar man kom help vliegtuie bou (Danel?). Hulle het 2 seuns, een bly nou in die Kaap (ongetroud) en een in Amerika (getroud met kinders).
Die een in die Kaap was nou onlangs hier by haar. “When was he here Agnes?” vra sy die huiswerker. “July Madam.”
“He is comming to visit again. When did he say he will come again Agnes?”
“December Madam. He will come again December.”
Hoe lank kan die ou vroutjie en haar hond en twee katte nog alleen bly in haar dubbelverdieping huis met sy grasgroen swembad? Hoe lank voor sy nie weer haar pad terug vind huis toe nie?
Haar seun uit Amerika stuur vir haar `n GPS, maar sy kan nie eers `n selfoon se werking onder die knieg kry nie.
“Bring your husband so he can show me how to work the GPS,” sê sy toe Moeder Maria wegry. Moeder Maria is diep bekommerd oor die lot van die klein dapper vroutjie. Bel my enige tyd dag of nag as jy iets nodig het, sê sy toe sy wegry.
Miskien sal Moeder Maria eendag in die Hemel kom, so hoop ek.
Posted in Louwie, Uncategorized | Tagged Moeder Maria | 4 Comments »
Pyemotes ventricosus (Die strooi jeukmyt. The straw itch mite)
`n Liederlike klein bliksem. Normaalweg is dit `n parasiet van insekte, veral hardedop besies (beatles), maar eintlik enige insek onder die son. By gebrek aan insekte om aan te vreet sal dit enige ding wat loop of kruip of vlieg aanval. Honde, katte voëls en ook die mens.
Die mens word gewoonlik gebyt as hy met strooi in aanraking kom, want dit is daar waar die gasheer beatles en die mens mekaar raakloop, vandaar die naam “strooi jeukmyt”. In Europa trek die Pine-Oak duisende beatles aan in die somer en dan kan tot 300,000 myte per dag uit die boom uit op die grond beland. (Ja sowaar, iemand het dit gaan staan en tel!)
Net die wyfie is bloedsuiend. Sonder bloed kan sy nie voortplant nie. Die mannetjie is mikroskopies klein en bly permanent op die wyfies. Na paring ontwikkel daar binne ure eiers binne die wyfie. Die wyfie heg haarself met haar woeste monddele aan haar gasheer vas, spuit `n dodelike gif in die gasheer in wat, in die geval van insekte, dit binne so min as 3 minute kan dood maak. Sy suig bloed dat dit vrek en bly so sit tot die geboorte van haar klein peste. Die eiers broei binne die wyfie se lyf, wat nou soos `n ballon uitsit, uit en die klein myte ontwikkel tot volwassenheid binne hulle moeder se lyf. Die moeder oorleef nie die geboorte van haar kroos nie, en die pa self lewe net 3 dae. (Hy gaan waarskynlik van uitputting dood, gegee al die wyfies wat bevrug moet word. Minder as tien persent van die populasie bestaan uit mannetjies)
En nou kom die interessante deel. Die mannetjies wat op die wyfie se lyf boer, wag vir die klein mytjies om gebore te word. Sodra die klein wyfie myt se kop te voorskyn kom, gryp hy haar aan die kop, trek haar uit haar ma uit en koppuleer onmiddelik met haar. Binne sewe dae na geboorte skenk die myt dan weer geboorte aan die volgende geslag myte.
As jy dus oor die naweek `n vinnige ‘tumble in the hay’ oorweeg, kan dit twee nare nagevolge hê. Die kort termyn nagevolge kan dalk so lyk:
Op die lang termyn kan die gevolge dalk so lyk:
Posted in Louwie | Tagged Jeukmyt, Pyemotes ventricosus | 8 Comments »
Posted in Louwie | Tagged dronk meisie, Kaal meisie | 7 Comments »