WELKOM
AGTERGROND
Ons kerngroep is direkte nasate van die van Schalkwyks van Loslapdoorns, in die Lichtenburg omgewing. Pa Louw en ma Cillie het ons lank reeds vooruitgegaan. Ons ploeg nou nog hier ‘n aardse bestaan om die mening en waarde van wees na te spoor. Swerwend soek ons rigting in vele sfere en beduie ons met swaaiende arms ten hemele verskillende paaie aan wat hoop en wanhoop as eindpunte voorskryf.


Ek het vandag vir die eerste keer op hierdie blog afgekom (van die skakel op Flippiefanus se “As voorbeeld: Die wonder van ‘n ster”) . Louwie en Joh, ek waardeer wat ek hier lees, dit laat my dink. Doen so voort!
Hello Retha, welkom hier op ons werf. En dankie virrie pluimpie.
Julle sal nie die eerste wyses uit die Lichtenburgomgewing wees nie. Dis mos Siener van Rensburg-wêreld daardie?
Piesangverkoper, ons kan nie eers water wys nie!
Lichtenburg- my ou skool. Het eers in Burgersdorp en Whites gebly, later in die hoofdorp (Burgerstraat) -naby die begrafplaas.
Duusman, ‘ klein wêreldjie. Ons het op ‘n plaas so 13 myl wes van Lichtenburg grootgeword, naby Anglo Alpha. Dis half eienaardig om iemand te hoor praat van “Whites”.
Welkom
Ek het vandag vir die eerste keer op hierdie blog afgekom (van die skakel op Flippiefanus se “As voorbeeld: Die wonder van ‘n ster”) . Louwie en Joh, ek waardeer wat ek hier lees, dit laat my dink. Doen so voort!
+1
dis darem jammer dat julle nie kan water wys nie…. dan kon ons julle gehuur het!!!
Lekker om afrikaans te lees. Ek hou daarvan om somtyds ‘n klip inni bos in te gooi en dop te hou wat en wie almal spaander.