Besoek ons vanoggend oom Jannie se huis in Irene. Tref die eenvoud van die blyplek van ons staatshoof van destyds mens weer. `n Groot man, was Generaal Jan Smuts gewees. `n Wyse man. Was ander tye, met `n ander benadering tot leierskap en menswees.
Ouma Smuts se eenvoudige slaapkamer met enkelbed en fotos teen die muur, en die transistor radiotjie by die bed vergelyk moontlik swak met Nkandla se slaapkamers vermoed ek. Sy is nie daar nie, sê my vrou-wat-spoke-sien.
Maar voor die deur in die gang staan `n klein seuntjie voor `n uitstalkas met die Smutskinders se speelgoed en baba items soos fopspene en nog wat.
Die uitstalling in die huis is uitgebrei sederd ons vorige besoek. Veral die bronsbeeld versameling van die Generaal het aangegroei. Mens vermoed die migrasie “huis toe” is omdat hy (en ander leiers) nie meer welkom is daar waar hulle eens so trots gestaan het nie.
In die eetkamer is daar `n bank by die venster, en daar vind ons die tweede spook. `n Ou tannie sit daar rustig in die son. Rustig tot Ma besluit om langs haar te gaan sit vir `n foto. Vererg die tante haar bloediglik, spring op en verdwyn.
Is nie die spook nie. Die spook het links van die “spookvanger” gesit.
Die leeskamer met sy enorme boekeversameling is indrukwekkend. Kan my indink dat oom Jannie daar baie tuis gevoel het, en baie tyd daar spandeer het. Maar die boekekamer is sielloos, sê my siener van spoke.
Dit is in oom Jannie se eie slaapkamer waar ons die volgende spook raakloop. `n Ou man sit daar op die stoel langs die enkelbed. Is nie die general nie. Is `n man met `n vol baard, nie `n bokbaard nie, en hy het `n pyp in sy hand.
Die stoel waar die ou man met die pyp in die hand sit.
Toe lees ek die inligtingsbordjie by die deur, en daar staan dit geskrywe. Ouma Smuts het die gees van die vorige eienaar van die plaas eenmaal in daardie kamer raakgeloop. Nog een ander mens, `n joernalis, het die spook ook eendag daar gesien. Nou is daar nog een mens wat die spook gesien het. Hy sit daar. Vir hoe lank al? En vir hoe lank nog? En hoekom?
`n Besoeker, nie `n spook nie.
Sjoe, ek sal die plek nogal wil besoek!
En noudat jy dit noe, dis vreemd – hulle sit net daar. Vir hoe lank? En vir hoe lank nog? Interessant.
Dankie vir die deel!
En het ma die man gevra waar sy goud is?
Vreemd genoeg, hier hardloop vanoggend `n klein seuntjie van so 5 – 6 jaar in ons huis rond met `n besemstok as ryperd, soos ons ook gedoen het toe ons klein was …. baie lank gelede. Kinders doen dit nie meer vandag nie.
Hy wil nie met my Siener-van-spoke praat nie. Hol net op en af.
Net Ek, dit is inderdaad `n vreemde ding. Maar onthou hulle bly nie staties op een plek nie. Hulle beweeg rond. Veral op hulle eie begrafnis is hulle meeste van die tyd baie aktief.
Ek vertel later van Modderfontein se spoke.
Uiteindelik iemand op die web raakgeloop wat ook die goed kan sien. Ek het voor skool so ‘n maatjie gehad wat alte lekker met my saam karretjies gepeel het. Het later uigevind hy is deur roekelose bussie getrap by die kruising waar ons huis gestaan het. Ander interessante een is die dame in deftige victoriaanse drag in Kimberley se ou biblioteek. Die mense wat daar gewerk het kon haar nie sien nie maar het gesê dat boeke wat weg was net oornag op die sorteer tafel beland het.
vvuureoc (snaakse naam!) Elsa sien die goed ook al lank. Sy sal later self met jou gesels daaroor. Haar ma sien dit ook, maar nie een van hulle kan met die mense kommunikeer nie. Ek dink hulle skrik te groot, of is te bang vir hulle.
Ek sou wou dat sy leer om wel met hulle te kan praat want ek glo meeste van hulle het hulp nodig om hulle op die pad anderkant toe te stuur. Dit is tog laf om hier te wil rondhang!
Ek het die naam sedert ek my eerste (werks) rekenaar gekry het lank lank gelede toe dos 3.3 nog die kat se snor was. Die dominie het gesê Ockert maar omdat dit no 28 in die familie was waarvan oumagrootjie se bybel geweet het … verkies ek Okkie.
Di foto is my harige aangenome seun Adoons die Chou Chou
Okkie C. Jansen van Vuuren
vvuureoc@outlook.com
vvuureoc@gmail.com
vvuureoc@telkomsa.net