Staan onse Prez rondborstig en verklaar; is omdat ons in hierdie land so drasties optree teen korrupsie dat dit wêreldwyd so baie in die pers gerapporteer word! In ander lande, sê ons Prez, gaan dit slegter as hier by ons, maar hulle laat dit toe, doen mee en daarom is dit net nou en dan in die nuus.
`n Ou klein denkfoutjie wat mens nie van `n land se hoogste amptenaar verwag nie, maar dit is Afrika.
Dit rëen selde in die woestyn, maar as dit rëen dan word dit vermeld. As dit nie rëen nie, dan is daar niks om te rapporteer nie. ´n Aardbewing in gebiede wat gereeld deur aardbewings geteister word, is altyd nuus, en ´n gepaardgaande tsunami is groot nuus.
Die wapenskandaal sal Suid Afrika se Chernobil op die politieke landskap bly vir so lank as wat die ANC regeer. Die letsel gaan vir ewig bly sit as aanklag teen die ANC en hulle grypsug tot in die hoogste gestoeltes. Die skandalige omvang van korrupsie op alle gebiede onder ons amptenary skud die land aanhoudend soos een tsunami na die ander. Dit is nuus, groot nuus en daarom is die koerante vol daarvan. Nie omdat die regering dit probeer uitroei nie, maar omdat hulle dit of ooglopend toelaat, of meedoen daaraan. Dit is so eenvoudig as wat dit is.
Skandalig soos dit ook al mag wees (iemand sê anderdag as die bedrog of “overspending” minder as tien miljoen Rand is, dan is dit al vir ons vuisvoos belastingbetalers ´n bargain) is die skandes onder eie volk se geledere nie minder gek nie. Die Dozi-Tjoklits bekgeveg is maar een voorbeeld daarvan. Genade, dit is nou glo ´n teken van jou goeie Christenskap en groot bekeerdgeit as jy ´n ander man nie bloedbek donder as hy jou beledig nie, maar jy mag vir hom sê hy is ´n doos (of kam sy hare soos ´n doos). Wonderlik wat die Bybel sommige mense leer.
Wêreldwyd is daar egter geen einde aan gekheid nie. “Kenners” sê Iran sal nie so dom wees om ´n kernbom op Israel te gooi nie, want hulle weet dat die vergeldingsaanvalle met kernwapens moontlik die grootste deel van hulle eie bevolking gaan uitwis.
Iran se leiers is fanatiese Islamiete. Islam se aanhangers blaas hulleself stelsematig die ewigheid in met selfmoord aanvalle op “die vyand” in die naam van Allah. Deur selfmoordaanvalle bewys hulle hulle totale toewyding aan hulle god en word hulle as helde vir Islam vereer. Daar is geen groter eer vir ´n individu as om te sterf vir Islam nie.
Hoeveel groter sal die eer nie wees as ´n ganse volk bereid is om homself op te offer in die proses om ´n bose vyand vir ewig van die aarde af te vee nie, alles tot eer van hulle god. In grootsheid en eerbied sal hulle geen gelyke in die wêreld van Islam hê nie, en die beloning in die Hemel sal nog groter wees.
Waar selfs Allah so baie maagde op kort kennisgewing vir al die manne wat skielik by die Poorte instroom, bymekaar gaan kry, weet nugter.
Siva: “Life is a painful process. Youth grows old, love grows cold. The journey is never as liberating as we anticipate.”
“In a way, what most people really do want is relief – not fulfillment of desire, not even the renunciation of desire, but the eradication of desire. True happiness is impossible. The little bits of hapiness that we do experience only make us more miserable by contrast.” (Uit “Philosophy made simple” deur Robert Hellenga).
Miskien is dit dit wat Islamiete en atïeste se begeerte tot innihilasie aandryf. Diep in hulle onderbewuste is daar die wens om begeerte vir ewig, totaal en al uit te wis, en daarmee saam die teleurstelling en misrabelheid wat onafwendbaar daarmee saamgaan.




Dis nou ‘n interessante storie wat jy hier aanpak: “… but the eradication of desire.” Dis nou presies wat die ou Boeddha ook gesê het. Nou sê jy Robert Hellenga, Islamiete, atïeste en Boeddhiste neig almal innie selle rigting – daar is dus nog hoop virrie mensdom.
Maar moenie vir Mamon, Hedon, Satan en Mara onnerskat nie. Gedugte voorstaanders vannie illusie “LEWE bo alles”. En hulle wortel anie stok: Ware geluk is moontlik.
Buuble bubble boil, Trouble trouble, toil. Hahaha
Wow…”atïeste se begeerte tot innihilasie’ ??..regtig? Ons word sommer ingebondel met die ‘evil islamiete’ shoe! Wat presies is dit wat mense dink ons glo en doen? Wanneer het ons deel van die ‘axis of evil’ geword hehehe. Ai Tog sug. Ek voel amper soos daai Australianer wat in Amerika rondgeloop het met n` kaart en vir mense gevra het waar is Noord Korea, waar is Irak, Iran… en keer op keer daai vet vingertjie op Australie sien neerdaal het :-0
Ha ha, Vet vingertjie op Australië. Natuurlik, die Ausies is wêreldwyd bekend as `n arrogante, grootbek lot en daarby nog grootliks atïeste ook . As jy dus vir die gemiddelde Amerikaner vra waar skuil boosheid sal die vinger outomaties na die land van Os wys
)
Vir die rekord; nie alle Islamiete is evil nie, dito vir aties, maar ook nie alle Chritenne is goed nie (en daar is ook `n paar Ausies wat nie te bad is nie
Ek dink nie dis boos om begeerte te probeer uitwis nie, inteendeel. En soos Joh sê is dit al lank die Buddha se boodskap. Waarom sal dit dan noodwendig sleg wees om saam met daai lot genoem te word?
Konteks, dit gaan alles oor die konteks waarin mens saam met “daai lot” genoem word ;-P Weereens, annihilasie? oy!
Interessant Joh, ou Siva hier is `n Hindu wysgeer. Lyk dus of “Die Ou Meester” dus iets by sy voorgangers geleen het?
Daar is ook niks nuuts onder die son nie
Konteks: Samehang, redeverband, teksverband.
Cotext: What comes before and after passage.
Konteks hier: Sielkunde; `n diep, onbewuste begeerte/verlange/wens (tot annihilasie/uitwissing)
Annihilasie: Uitwis, vernietig
Annihilation: The complete destruction of something; reduce to nothing.
In die geval: Islam; die wens tot totale aktiewe fisiese uitwissing deur plofstof (om in die hemel te kom)
Atïeste: Die wens/hoop tot totale uitwissing deur passiewe of aktiewe dood (om nie in die hemel te kom nie!)
What a load of steaming bullshit.
Wat van diegene wat minder waarde heg aan die lewe omdat hulle glo jy eers rêrig begin leef nadat jy dood gegaan het, waar jy kammakastig postuum ‘n belonging sal ontvang as jy in hierdie een nie geleef het nie? Is dit nie ‘n beter beskruiwing van ‘n nihilis nie, iemand wie se lewe en vryhede beperk word deur spirituele dogma? Dit is juis ons ateiste wat rede het om voluit te leef wat nie nihilisties is nie. Julle glo julle is half-dier, half-engel en nie voledig mens nie. Dit is julle wat jul lewe weg droom op spirituele fantasie en te bang is om te leef.
Hang volgende keer daai filosofiese leerstelling om julle eie nekke en moenie weer “ons lot” met julle vergelyk nie asseblief. Ons is nie julle nie, ons kan nie wees nie omdat julle, volgens jul eie definisie, onvoledig mens is.
Nihilism: rejection of all religious and moral principles.
Ha ha
Dus; nee Andrew dit is nie `n beter beskrywing van `n nihilis nie.
My vrou sê sy kan al sien hoe sit Andrew daar en slaan met sy vuisies op die lessenaar en stamp met sy voetjies op die vloer van boosgeit
Dit is presies soos Marli soms gedoen het toe sy nog baie klein was. Tantrums gooi was dus dalk die eerste tekens van atïesme?? Sê ma ons moes haar dalk minder met die plathand van haar tantrums probeer genees het en haar meer met die Bybel geslaan het
Is dit nie dalk moontlik dat die atïes eerder meer volledig dier en minder mens is omdat die atïes in `n staat van totale ontkenning leef en basies glo hy is niks meer as net `n gevorderde aap met `n ag-tog-so-groot en briljante verstand nie? `n Dier sonder gees. (Mu?)
Maar mens kan ontken dat jy 10 tone het tot jy blou is in die gesig maar 10 tone is daar vir almal om te sien tot aan die einde van jou dae, maak nie saak hoe emosioneel of aggressief jy dit ontken nie!!
“One sometimes comes upon certain solutions to problems which inspire strong belief in ‘us’; perhaps one thenceforth calls them one’s ‘covictions’. Later – one sees them only as footsteps to self-knowledge, signposts to the problem which we are – more correctly, to the great stupidity which we are, to our spiritual fate, to the unteachable ‘rigt down deep’. (Vriend Frederik Nietzsche)
Vreemd, ek vind dat die Islamiet sowel as die fundamentalistiese Christen net so heftig reageer soos jy nou doen as ek hulle oortuigings kritiseer. Dit sê nogal iets nie waar nie.
Nee wag ‘n bietjie Louwie. Ek het nie gereageer omdat jy my oortuigings gekritiseer het nie. Ek het nog nooit in my lewe geldige kritiek teenoor ateisme gehoor nie. Ek het gereageer omdat jy ateiste vergelyk het met gelowiges. Dit was laag. Wat het ons aan jou gedoen dat jy ons op so gemene manier moes beledig?
Hoe kan jy my vergelyk met iemand wat glo daar leef ‘n engel in my kop? Dis ‘n stok ou geloof uit ‘n primitiewe tydperk toe die mens nie die kennis gehad het wat ons vandag het nie. En as jy my nog steeds nie glo nie, kan ek reëlings tref dat na my dood, en nadat my organe geoes is, hulle my kop vir jou stuur in ‘n koelerboks, sodat jy dit self kan oopsny en kyk of jy ‘n engel daarin kry.
Nou gaan jy seker vir my sê hulle is see-through. Yeah whatever …
Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.
As `n gees nie see-through is nie Andrew, dan is dit nie `n gees nie? Basics!!!
Miskien kry ek nie `n engel daar nie Andrew maar “a load of steaming bullshit”?
Yeah whatever …