Is alewig laat met, of totaal vergeet van die nodige gelukwense met veral verjaarsdae en ander onheilig belangrike onthou- en/of feesdae van die mensdom.
Nou is dit so dat ek voel die alewige gelukwense (en soms gepaardgaande slopsoen van ooms en anties en orige onbekendes en bekendes) is totaal irrassioneel en ongevraag, ek meen, is dit my skuld dat ek verjaar? Het ek regtig iets daarmee te doen, of te doen gehad iewers in die verre verlede? En is dit regtig `n prestasie waarvoor ek of enige iemand hoegenaamd voor geluk gewens moet word?
As ek dalk Everest uitgeklim het, of `n graad behaal het, of my kinders by pubertyd verby gekry het sonder dat ek moord gepleeg het ja, by all means, kom wens my hartlik geluk, skud my blad, gee my `n drukkie en die naby aan my ( en ander baie mooi meisies!) gee my `n soentjie, maar genade tog, laat die verjaardery maar asseblief stiweg verby gaan, want dit is nie `n persoonlike prestasie nie, of iets waarvoor of waaraan ek baie hard gewerk het nie.
Jy gaan tog nie vir my sê geluk dat dit nou Somer of Lente of skrikkeljaar of wat ook al is nie. Geluk met jou eerste kiestand, of skaamhaar of ouderdomsplooi!! Dis gek. Absoluut absurd.
Of wens julle my subtiel geluk omdat ek vasgebyt het deur al die sh*t en nie deur die loop van die jaar voor `n bus ingespring het of my breins weggeblaas het nie? Of dalk erger nog, geluk man, jy het dit oorleef ten spyte daarvan dat ek my bes gedoen het om van jou ontslae te raak. Wag maar, volgende jaar gaan jy nie so gelukkig wees nie!
Hoe ook al, nou is ek besig om aan `n algemene kennisgewing vir gelukwense te werk wat ek een maal per jaar per epos vir almal wat ek ken en vir die hel daarvan vir `n klomp wat ek nie ken nie, gaan aanstuur.
Dit gaan iets wees in die lyn van:
Liewe vriend/vriendin/oom/antie/neef/niggie/skelmpie/lover/broer/suster of wie ook al voel dat hy/sy dit verdien. Hiermee wens ek jou van harte geluk met die viering of herdenking van: (kies wat van toepassing)
Jou verjaarsdag
Jou troudag
Jou doop herdenking
Jou Oupa/Ouma/Ma/Pa/vrou of gespuis se verjaarsdag/dag van afsterwe/begrafnisdag/troudag/verlowing/egskeiding
Jou nuwe kar/meisie/vibrator/motorbande of voëlrekker (voeg hier by wat vir jou belangrik is)
Kersfees
Geboorte van Bab
Krishna janmashtami
Yom Kippur
Ramadhaan
Nuwejaar
Bekering tot geloof of ongeloof
Ek hoop jy het dit geniet of gaan dit nog geniet. Gaan nou weg en los my uit.
Tot volgende jaar,
Groete



Het iewers gehor dat daar ‘n Chinese tradisie is waar almal hulle dood huil in meegevoel wanner ‘n baba gebore word, en hanne klap van blydskap wanner iemand doodgaan. Maak nogal sin vir my.
Mense vergeet waaroor die vieringe regtig gaan. Ja ja dit is n` viering dat mens n` jaar oorleef het en as mens mooi dink aan wat jy die jaar alles aangevang het dan besef mens dit is n` prestasie…nee dis nie die regte woord nie, dis n` miracle, wonderbaarlik en in meeste omstandighede net blind luck dat mens n` jaar oorleef. Maar dis net die verskoning vir die viering; alle mense het nodig om n` paar keer n` jaar n` bietjie stoom af te blaas voor die drukkoker dalk ontplof. So die samelewing skep n` paar dae waar dit sosiaal aanvaarbaar is om van die wa af te val… of spring met groot entoesiasme hehehe. n` Dag of twee waar jy toegelaat word om Bacchus of Dionysis, jy weet een van die gode met die horings … n` stywe omhelsing te gee en deur die velde met hom te kerjakker. n` Paar dae in die jaar waar die samelewing n` blinde oog of n` indulgent glimlag draai na gewoonlik sosiaal onaanvaarbare gedrag. So verjaarsdae en Nuwe Jaar en al daai stupid vieringe is die samelewing se, baie nodige, safety valves. So ek sê draai daai kleppe heeltemal oop en laat daai demone uit!
Joh ja, en hulle skiet klappers terwyl hulle die kleinkies maak en as die kleinkies gebore word skiet hulle nog klappers (om die demone weg te jaag) en dan skiet hulle weer klappers as iemand dood (nog steeds om die demone weg te jaag
)
Is tog vreemd. Die baba skreeu sy longe uit pas na geboorte, kompleet asof hy sê WTF ek wil nie hier wees nie. En die dag as hulle vir ons sê ons is op pad uit, dan huil ons weer snot en trane, want ons wil nie weg nie
Als goed en wel Marli, maar hulle moet my nie verkwalik 1) As ek nie onthou van almal se Groot Dag nie. 2) As ek nie opgewonde raak oor my eie of ander se Groot Dag nie. 3) As ek dink Krismis is `n Groot Dag en nuwe jaar kan maar stilweg verby gaan ek sal op `n ander dag of dae my suip suip soos dit nodig mag raak.
So terloops, wys ons bietjie daai skerpskutter geweer van jou en sy pienk tassie saam met jou pienk keps wat jy op jou Groot Dag gekry het!
Ja, as jy wil hê dat mense moet onthou van jou ‘groot dag’ maak seker jy herinner hulle in die weke voor die ‘groot dag’…. herhaaldelik – dis wat ek doen hehehehe
Ek voel weer andersom oor die hele Krismis en Nuwe Jaar ding en mense is BAIE meer sensitief oor die hele ‘jy moet glo kersfees is n` Groot Dag’ ding. Hulle raak downright snippy daaroor
Ek het nog nie eers fotos geneem met my awsome nuwe speelding nie! Ek het nog nie n` lisensie vir hom nie so hy moet nog vir n` paar maande by die gunshop bly
Ek het gister so bietjie met hom gaan skiet omg so much fun! Ek het my pienk keps aangehad en alles en nie eers gedink daaraan om my kamera saam te vat nie.