Na my vorige skrywe oor kinders se sekskepades in die kuberruim en Roer se opmerking dat; al wat ons gaan red is humor, gebed en genade, dink ek toe terug aan lank gelede op die plaas. Daar was geen selfoon, geen TV, so af en toe `n koerant, die Landbouweekblad en Huisgenoot en die Bybel wat Pa net Sondae as ons nie kerk toe gegaan het nie, vir ons gelees het.
Ouboet het die “Fyngoud” skelm gelees. Daar was geen “Scope” geen “Loslyf” en geen blou moovies nie.
Was die kinders toe onbevlek kuis en rein? Het die bloedjies nooit aan seks gedink nie?
Die werklikheid is inderdaad (skokkend?) anders as wat meeste van die tyd voorgegee word. Selfs op die plase het dit wilder gegaan as wat meeste mense vermoed. En die sekskepades begin toe al reeds baie vroër as wat mense wil erken.
By ons laerskool, `n klein plaasskootjie ierwes in die ou Wes-Transvaal, gebeur daar byvoorbeeld “erg onbetaamlike” dinge in die lang gras onder dennebome gedurende pouses. Op `n keer word twee meisies (graad 6?) gevang waar hulle agter `n struik skuil om na seuns te loer wat by die “krip” staan en water afslaan. Geen tweedehanse plesier soos om na `n dooie foto op `n selfoon te kyk nie, nee, hulle sien die ware jakob.
Pelle in die dorp vertel dat hulle, nog op laerskool en so nuuskierig soos alle kinders maar is, en veral nuuskierig oor daai ding wat jy nie van mag praat nie, op `n slag wou sien hoe lyk `n meisiekind dan nou regtig. Hulle beloof `n meisie dat hulle haar elkeen 50c sou gee as sy vir hulle haar pantie aftrek sodat hulle kan kyk. Net kyk, geen gevat en gevroetel nie.
Agter `n struik iewers in `n tuin doen sy dit toe en hulle kyk, en hulla lag hulle dood en hardloop weg en gaan koop vir hulle swiets met die geld wat hulle toe nie vir haar gegee het nie.
Ek dink die soort van ding het destyds baie meer gebeur as wat mense wil glo. Dit is nie selfone wat die probleem is nie, selfone maak dit net makliker.
Ons ry op `n sondagmiddag na vriende toe. Daar in die middel van die vlaktes staan `n plaashuis met `n sement dam en rietbos vlak teen die pad. Reg langs die dam is daar `n plaashek waar ons moet deur. Toe ons aangery kom spring `n spul kinders verskrik uit die dam uit en hol in die rietbos in. Seuns en meisies van so 9 tot 12 jaar oud, almal poedel kaal.
Ma en Pa was erg geskok.’ Wat word van die jeug as hulle nou al sulke streke uithaal!’ wonder hulle. Is die duiwel se werk! Ons sal moet bid!
Maar erger nog. Bure van ons het `n pragtige dogter gehad. Standerd 5 en wild. As haar ouers braaivleis gehou het, dan het sy die kinders in `n donker deel van die tuin bymekaar gemaak en Poskantoor gespeel. Sy die posmeester en die ander die klante. Jy staan voor die toonbank en vra, “is daar pos vir my?” en sy sê nee, of ja hier is `n brief vir jou, of ja, hier is `n pakkie vir jou.
Vir nee, hier is niks vir jou nie, moet jy weer agter in die tou gaan staan. Vir ja, hier is `n brief vir jou het jy `n soen gekry. As sy sê ja daar is `n pakkie vir jou, dan het sy jou agter in `n stoorkamer in gevat en dan het jy meer gekry as wat jy ooit van gedroom het. Ek het nooit pos gekry nie. Ek dink nie sy het van my gehou nie, verdomp!
Sondae, as die oumense na ete gaan slaap, het sy met `n kombers weg van die huis onder bloekombome gaan lê en lees. En dan het haar neef, wat heelwat ouer as sy was, haar kom “geselskap” hou.
By `n sementfabriek nie ver van ons plaas af nie, het dit net so wild gegaan op Sondae as die oumense gaan slaap het na middagete. Daar was dit veral twee oënskynlik onskuldige standerd 4 en 5 meisies wat die broekies laat waai het en die seuns vermaak het. ek was in my onskuld nogal erg beenaf op een van die meisies. `n Pragtige donkerkop kind.
Ons praat hier van kinders op die platteland, kinders van erg konserwatiewe, middelklas, kerkgaande ouers, nie van agterstraat, agtergeblewe, onopgevoede, wilde witmense nie.
Is vandag se kinders “slegter” as hulle maters van destyds? Doen hulle regtig erger dinge as toe ons kinders was?
Op Hoërskool het `n standerd 6 meisie in ons klas na skool ekstra wiskundelesse by `n jong onderwyser gekry. Die onderwyser het toe ook lesse gekry waarvan ons nie geweet het nie. Nege maande later was daar meer as wiskundige probleme vir die twee.
Naweke het ons koshuisbewoners soms op `n Saterdagnag dorp toe gesluip om partydjies by te woon by maters se huise. Daar is gedrink, gevry en laatnag het kondome in die tuin rondgelê. Dwelms was soms ook beskikbaar.
Dan was daar nog die laerskoolvriend wat my vertel het wat hy en een van sy swart maatjies op die plaas met `n hoender aangevang het!!! En die hoërskool vriend wat eendag, lank na hy al getroud was vir my vertel; die beste seks wat hy ooit gekry het was by sy niggies.
In die stede gaan dit net so woes, of nog erger as by ons plaasjapies. Kuier op `n slag by `n vriend in die bose Goudstad. Sy pa is burgemeester iewers in `n voorstad, sy suster is standerd 8 en pragtig (miskien daarom dat ek gaan kuier het?) Maar die kind is wild. Ek hol draaie om haar. die aand kom haar vriende kuier. Ek en my vriend gaan slaap. Die volgende oggend vroeg moet die vriend sy nog half beskonke suster help om die sitkamer aan die kant te kry na die wilde nag van passie, voor ma en pa hulle eie roes van die vorige nag se burgemeesterlike paartie afgeslaap het. Gebruikte kondome lê die plek vol. Die gordyne is bemors soos die manne hulleself daaraan afgevee het.
Daar is nog baie erger dinge wat liewer nie vertel moet word nie. En dit was alles lank, lank gelede, in die goeie ou dae toe Dominee nog huisbesoek op plase gedoen het.
Die vraag is dan; het die kinders van vandag meer voorbidding nodig as die kinders van destyds. Is kinders vandag slegter, wilder, boser dalk? Is dit regtig selfone en die internet wat die prbleem is? Of is kinders maar net van nature nuuskierig en eksperimenteer hulle nog maar altyd met alles, en veral met seks juis omdat dit so `n erge taboo ding in alle samelewings is?
Kinders was maar altyd kinders!
Kinders was maar altyd kinders! En sal altyd kinders wees
Dit was is, was al reeds en dit wat was sal weer wees. Selfde storie, ander deuntjie. Ensovoorts. Vir elke geslag is die volgende geslag duiwelskinders – en tog bly ons voortbestaan.
Ek glo steeds dit is erger vandag…miskien omdat ons meer daarvan hoor?
Annerdag hoor ek op radio dat as jy pregnant is op skool is dit soos ‘n olimpiese goue medalje wat jy ronddra – dis bewys aan ander meisies dat jy boyfriend het wat vir jou “omgee”. Ek glo nie kinders is meer of minder geintereseerd in seks nie – mens wonder mos maar altyd oor dinge, en dit gaan nei verander nie.
Wat my pla van facebook, mxit en so aan, is dat kinders nie kan onderskei tussen wie vriende is, en wie pedofiele is nie.
Maankind ja, ek dink ook dit was maar altyd so, en sal so wees tot aan die einde. Nuuskierigheid is wat die ou mensdom vooruit dryf, tegnologies, sosiaal, polities, ekonomies, wat ook al. Seks is maar net een van die dinge waaroor ons van vroeg af nuuskierig is.
Ek sweer dit was nuuskierigheid wat die ape destyds uit die bome gedryf het, en kyk hoe lyk ons nou 😀
Son, soos ek hier bo gesê het, en soos jy sê dink elke ouer geslag die jonges is met ons almal op pad hel toe.
Ons was gelukkig, ons kinders was engeltjies, wel, dis wat hulle my laat glo het 😀 Wat die waarheid dalk was wil ek nie weet nie, laat ek maar in onkunde (en dus in vrede) so die ewigheid ingaan.
Jy is reg DM, die gevaar is dat kinders dink hulle kan dinge hanteer waarvan hulle nie weet nie en dan word hulle letterlik die prooi van siek siele wat in die kuberruim rondsluip. Dit is dodelik gevaarlik en hulle dink dit is `n speletjie.
In die verlede, sonder rekenaars en selfone was dit hoofsaaklik familie en vriende/kenisse waarvoor kinders moes ligloop (en baie, maar baie kinders was slagoffers van hierdie siek naastes), maar nou is die jag soort van oop. Wildvreemde bliksems kan nou jou kind beetkry en verwoes.
Bid? Dreig? Maar veral kommunikeer. Praat met jou kind, weet van jou kind, stel belang. Respekteer jou kind en hy/sy sal jou en homself/haarself respekteer.
Dis `n stryd. Genadiglik lê dit agter my. Mens kom nie sonder letsels daar deur nie 😀
Dalk is dit nou minder van ‘n skande en ‘n geheim om seks te he, en is dit meer openbare en algemene kennis wat ‘kinders van vandag’ alles doen. Dalk het hulle meer seks, dalk nie. Maar ek dink dat mense dink die nuwe generasie is erger, oa omdat hulle van meer weet wat gebeur en daar geen skaamte blyk te wees nie. En dan moet ek saamstem met Louwie – die gevaar is vandag groter; die dinge waartoe kinders se nuuskierigheid lei is al hoe gevaarliker.
SannaM, dit is so, die pas waarteen dinge verander is geweldig vinnig, moontlik juis agv die nuuskierigheid van die mens. Dit is gevaarlik ja, maar ook hengse opwindend. En seks is deel daarvan. En soos met alle dinge is daar die wat staande bly in die chaos, en die wat val.
Uiteindelik is alles maar net `n side show. Dit waaroor dit regtig gaan, is `n heel ander storie, dink ek.
Ek dink nie kinders is as sulks erger vandag nie. Hulle het net meer ‘verleidings’ waarteen hulle moet veg. Ek is elke dag dankbaar dat ek nie ‘n kind in vandag se tyd is nie. Oooooo ek dink ek sou willer as die wildtuin gewees het!