Ons was toe daar, Heidelberg, Witsand en Stilbaai, George en Hermanus en Vermaaklikheid ook. In die wind en die reën. Twee dae sonskyn, die res nat en mislik. Nie dat dit ons van die strand weggehou het nie.
`n Baie lang tyd gelede was ek ook by die strand, ek dink Queen Vic was toe nog op die troon. Dit het toe heelwat anders gelyk.
Destyds het ons nie strandsambrele en opvou stoele gehad soos vandag nie. Ek kan onthou daar was ook minder sonskyn as deesdae.
Destyds se meisies was al te fraai. Ma het altyd gekla oor hulle naaktheid, dat hulle skaamteloos en sedeloos is. Hoe durf hulle so naak in die openbaar verskyn! `n Gruwel in die oog des gods.
Ek het nogal gehou van die soort van gruwel.
Vandag se meisies, ag tog, Ma sou die aapstuipe gekry het. Dis wonderlik en dis hoekom ek my vrou elke jaar teen haar sin see toe sleep.
Nou wonder ek hoe gaan die meisies lyk nog `n honderd jaar vorentoe?
Ek kan nie wag nie.







Kaalgat? Geheel en al.
Bedek van kop tot tone in straalwerende materiaal of so iets, maar moenie “worry” nie Louwie, ons gaan gelukkig nie hier wees om dit te beleef nie, geniet liewer net dit wat nou is.
“
Daardie een foto lyk nes Struisbaai in die ou dae – voor die see die sand en strand weggevat het… Dis seker Hartenbos???
Lyk nogal na Struisbaai, ne! Dus was ons 4 bloggers warvan ek weet hier rond: Toortsie, Schalkskryf, Girl van die Suburbs en Seegogga! Goeie mense hou mos van goeie goed! En wie weet, dalk was daar nog bloggers hier rond waarvan ons nie weetnie- lazat hoor julle stemme!
Son, sal dit nou nie nice wees nie. Dan trek ek see toe
Anna, as dit is soos Son sê dan kom ek oor 100 jaar terug as lewensredder of strandwag. Met my geluk kom ek sweerlik terug as `n walvis.
Toortsie nee, met die een het ek gekroek. Met al die reën was daar nooit so `n gebaai op die strand nie. Die foto het ek verlede jaar iewers op die Suidkus geneem.
Op Struisbaai was ek ook nog nooit gewees nie Seegogga. Sal eendag daar gaan kyk. Ek hoor ook dat Bettiesbaai en Pringlebaai mooi plekke is. Sal daar ook gaan kyk eendag.
Was een van julle al daar?
Bwahahaha, lyk my ek was ook te lanklaas by die see….
DM jy MOET gaan, dis `n fees vir die oog en die gees
Om jou vraag te antwoord: Indien Osama bin Laden die oorlog wen, so:
http://en.wikipedia.org/wiki/Burqini