As ek ‘n geelwortel was, wat sou die sin in my lewe wees, en wat kon moontlik die doel van my bestaan wees?
Wonner maar net.
Oktober 19, 2009 by Joh
As ek ‘n geelwortel was, wat sou die sin in my lewe wees, en wat kon moontlik die doel van my bestaan wees?
Wonner maar net.
Moet dit miskien ‘n biekie toelig: as vegetariër lê geelwortels my na aan die hart. (Om die waarheid te sê, net so 3cm daaronner.)
Die doel van die wortel kan wees om `n haas se pens vol te maak.
Maar maak dit sin? (vir die wortel)
Op `n kol redeneer Rowlands ook in die rigting van doelwitte wat sin gee aan die lewe, maar kom tot die gevolgtrekking dat ons dan so moet lewe sodat ons nooit ons doelwit mag bereik nie, want as ons ons doel bereik het ons lewe nie meer sin nie!!
Joh, jou vraag is gebasseer op ‘n veronderstelling dat die lewe sin moet hê. Kry ‘n mens “iets” in die filosofie wat vergelyk kan word met ‘n wiskundige aksioma … ‘n filosofiese stelling wat aanvaar word as ‘n universele waarheid?
Andrew, ja ek wil ook graag weet.
Joh hoekom worstel jy so met die sin van die lewe? Te veel tyd op hande?
Louwie: die “doel” gedeelte was soort van tong inni kies of klip inni bos. Ek dink “doel” is ‘n hoogs menslike persepsie wat ons nie goedsmoeds op die heelal moet projekteer nie.
Andrew: Ja, solank mens dink maak jy altyd gebruik van aksiomas, aangesien ons nie alwetend is nie. Ons moet noodwendig sekere aannames maak oor die dinge wat ons nie weet nie ten einde ‘n sinvolle vertrekpunt vir ons denke daar te stel. En filosofie is by uitstek ‘n oefening in denke. Een van die mees bekendste filosofiese aksiomas is sekerlik Kant se “a priori” kennis.
Flippiefanus: ek kan my nie iets beters voorstel om mee te worstel nie.
Bloot om te wees.
Geelwortelwees, haaswees, menswees.
Sin/doel is nie ‘n universele konsep nie, maar ‘n konstruk wat elke individu self aanmekaarlap. (Mits jy neurone het om die konneksies te maak.)
* * *
‘n Mens sou kon sê dat die geelwortelmolekules weer bemesting word vir die aarde om haarself te voed (miskien via ‘n haas of haaspastei), in welke geval ‘n geelwortel lewe genereer uit lig. ‘n Besonder edel doel.
* * *
Onthou ook: die geelwortel is net ‘n deel, die vasankerende voedbron, van die grotere plant; ‘n plantwortel wat die wortelplant stut teen weer en wind.
‘n Geelwortel is meer as net wat jy tussen jou tande hap.
“Bloot om te wees”
Soos om bloot `n verkragte meisie te wees, of bloot die vrou van `n man wat voor haar oë aangerand en vermoor is vir sy selfoon?
Dit maak nie vir my sin nie. Ok nie vi die haas of die wortel nie.
Onnerliggend is die wil tot wese.
Daar is mos nie “sin” daarin om verkrag te word of te sien hoe iemand doodgemaak word nie!
Louwie, wat jy soek, klink vir my na ‘n oorkoepelende “betekenis” van als.
Sommige mense rasionaliseer dít wat met hulle gebeur, en dis ook reg so. Ek sien “sin” as iets wat elke mens self konstrueer, nie iets wat oorkoepelend bestaan nie.
Jy lewe bloot. En dinge gebeur. Hoe jy daarvan sin maak, dit verwerk, rasionaliseer, groei en huil daaroor, is wat jou mens maak.
‘n Geelwortel het nie neuronpaadjies wat hy deurdraf in sy brein nie. Daarom konstrueer hy nie sin nie.
‘n Haas het nie ‘n morele sentrum in sy brein waar hy oor “reg” en “verkeerd” tob nie, daarom bestaan die konsepte nie vir hom nie.
Sin is ‘n noodwendige toedigsel deur mense; nodig omdat ons breine só gerat is om oorsaak-en-gevolg afleidings te kan maak.
* * *
@Joh: Benewens die onderliggende wil tot wees, is daar ook (moontlik) die wil tot nie-wees, of soos Freud dit destyds genoem het: ‘n doodsdrang.
Thanatos, die doodsdrang, teenoor Eros die drang tot lewe. Selfs plante het `n wil om te lewe. Bome stuur bv `n sein uit om ander bome te waarsku as bokke aan hulle blare begin vreet en dan produseer die ander bome in die omgewing groot hoeveelhede tanien om hulle blare onsmaaklik te maak sodat die bokke hulle met rus laat! Kan `n boom, wat sonder brein is dan dink?
Plante reageer emosioneel daarop as hulle blare bv gebrand word. Hoe sal ek dan nou weet of `n wortel kan wonder oor sin in die lewe of nie?
Ja, ek soek `n oorkoepelende betekenis. Als is `n klein ou ratjie in `n groot masjien. Ek weet van my vreugdes en my pyne. Ek wil weet van die masjien.
Soos Louwie sê, selfs plante, sonner breine, maak oorsaak-en-gevolg afleidings, veral wanner ‘n situasie hulle wil tot wese benadeel. ‘n Haas hol voor in die bakkie se ligte, trap-spring hierrie kant toe en darie kant toe. Hy maak die (korrekte) afleiding dat die groot gevaarte wat op sy stert afpeil die moontlike oorsaak kan wees dat sy bestaan tot ‘n einde kom: daarom probeer hy op sy manier vlug.
So, ek dink nie ons soeke na “sin” is noodwendig gegrond op die vermoë om oorsaak-en-gevolg afleidings te maak nie. As dit so was, moet ons toegee dat geelwortels en hase ook besin oor die sin van hulle lewens. Die minste wat ons kan doen is om die moontlikheid te onnersoek dat dit bloot ‘n verskil van graad is.
Interessant dat Freud die doodsdrang gesien het as ‘n inherente nering, in als wat lewe, om tot rus te kom, ‘n staat wat hy inderdaad as anorganies en “dood” beskou het.
‘n Omvattende leerstelling kom van die Boeddha af.
Die oorsaak van lyding is brandende begeertes, en spesifiek die versmagting na 3 dinge:
1. sintuiglike plesier
2. bestaan
3. nie-bestaan-nie
Hm. Die siel van die mier.
Ek weet nie wat die antwoord is nie – mense, diere en plante se DNA lyk amper eners. Dit sou dus kon wees dat ons – in wese – dieselfde tipe belewenisse/emosies/soeke na sin/lewenswil het?
Maar ek dink wat die haas in die pad, die blaargevrete bome en die geelwortel in die grond betref, moet ons dalk onderskei tussen instinktiewe, onwillekeurige aksies teenoor die neuronnetwerke in hoër-orde diere se koppe.
Miskien het ‘n miershoop ‘n bewussyn. Hm.
Maar nietemin, ek hou voet by stuk. Ek dink ons behoort wel aan die grotere Lewe-masjien, maar “sin” is ‘n menslike konstruk wat ons aan ons lewens toedig.
As jy ‘n opgroeiende kind is, wonder jy nie oor die sin of betekenis van die lewe nie; jy leef net. Die bevraagtekening-fase ontwikkel eers ná jou brein daai laaste growth spurt gekry het as tienderjarige.
Daarom dink ek jy het ‘n sekere vlak van kompleksiteit t.o.v. neuronkapasiteit nodig om oor die rede van jou bestaan te “wonder”.
Louwie ek dink daar is ‘n beter verklaring vir die bome wat die tanien in die blare vermeerder. Wanneer die diere aan die blare begin eet dan versprei dit chemikaliee deur die lug wat dan maak dat die ander bome mer tanien vrystel. Dit hoef nie ‘n brein die wees watde besluit neem nie. Dis bloot ‘n chemiese reaksie. Mens kan ook verstaan dat so iets deur biologiese evolusie kon ontwikkel het.
Ek stem saam met Mnr Muller dat die soeke na sin net by mense bestaan. Dit maak nie vir sin dat plante en diere ook hierdie soeke sal he nie.
Flippie heeltemaal reg, plante neem nie ‘n bewustelike besluit om tanien af te skei nie, hulle het so “evolve”. Daar moet natuurlike druk wees wat voorkeur gee aan plante wat hierdie gene het.
FF, chemikalieë word vrygestel en die ander bome (ruik dit, voel dit, deduktiewe reaksie/denke?) en reageer daarop tot 50 meter windop?
“hulle het so ‘evolve.’” Hulle kon dus ook so evolve het dat hulle mekaar kan waarsku, bewustelik, maar op `n vlak wat ek en jy nie verstaan nie.
Dan is daar die eksperimente waar plante se blare met `n vuurhoutjie gebrand is, en die sensors (soortgelyk aan leuenverklikkers wat by mense gebruik word) wat aan die plante gekoppel was wys `n hewige emosionele reaksie.
Later het die plante wat gebrand was dieselfde reaksie getoon as die navorser net daaraan gedink het om die plant te brand!
Sal my hond moet vra of sy dink oor die sin van haar lewe. As sy aanhou blaf soos sy nou daar doen sal sy moet vinnig dink, want haar lewe kan dalk net baie kort van duur wees as sy nie nou ophou nie.
Volgens ‘n sekere wêreldbeskouing is jou hond net ‘n versameling chemiekalië: reuk molekules word deur die wind straat-af gewaai tot by jou hek waar die hond sit. Die hond asem die molekules in wat die senupunte in haar neus prikkel, wat chemiese seine deurstuur na haar brein, waar dit chemies vergelyk word met vorige ondervindinge wat chemies in die geheue-deel vasgelê is. Daar word ‘n chemiese ooreenkoms met ‘n chemiese patroon gekaart wat tot gevolg het dat ‘n chemiese sein deur die senuweestelsel gestuur word wat keelspiere beveel om spesifieke chemiese prosesse uit te voer waarvan die resultaat ‘n blaf is. En nog een, en nog een, en . . .
Gonna, daar roep Vroulief nou dat middagete oppie tafel is: my spoegkliere begin werk; en die hond s’n ook.
Louwie, plante het nie senuwe stesels nie, daarom nem hulle nie “besluite” soos wat ‘n mens en sommige diere besluite nem nie. Hulle het ook nie emosies nie. Die apparaat watnou kamptige emosies gemeet het is ‘n foefie. Hoe meet jy nou in ieder geval emosies by ‘n mens? Wat hulle doen is om allerande sensore te gebruik wat sekondere effekte meet wat hulleglo gepaard gaan met emosies. Wat sou hierdie apparaat by palnte meet? Seker maar chemiese reaksies. En daardie storie dat hulle dieselfde reaksies meet as mens net “dink” daarom om hulle te brand, wel dit klink vir my na die grootste klomp snert.
[...] Posted on Oktober 28, 2009 by demoerin Lees ek toe nou hierdie oor die waarde van ‘n geelwortel. Dit het my so bietjie aan die wonder gesit. Heel moontlik as ‘n plantaardige gewas, besef [...]
Bewys net weereens, emosies, besluite of nie…. ‘n klip het selfs ook waarde.