Aan Rapport gestuur maar nie gepubliseer nie. Hulle diskrimineer teen my net omdat ek `n man is!
Maar om so te gaan staan en kook en naai vir `n kroon is regtig nie mooi van julle nie. Uit watter grot uit het julle gekruip? Weet julle nou nog nie mans haat vroue wat kan kook en, nou ja, naai nie?
Van hier af verwag ons as volbloed mans van julle om julle amptelike koshuisdrag te verander na kamoevleer broek en baadjie, van die sort wat oud MK soldate gedra het. Daar is baie daarvan te koop by oorskot weermag store. En sorg tog dat julle ook elkeen `n paar weermag stewels koop om die uitrustings mee af te rond. `n Goed uitgetrapte paar lyk altyd goed aan `n, dem, wat sal die moderne term wees? Me? Seker nie vrou of dame of behoede my, meisie nie!
Hoe ook al, met so `n stewel kan jy enige grotman wat van jou verwag om vir hom en die kinders kos te kook, se knaters tot neffens sy mangels verplaas. Sal die barbaar `n les leer! En gooi ook maar daardie kant onderkleertjies in die asblik, of beter, verbrand dit en kry vir jou nuwes van dieselfde dik material as wat die broek en baadjie is, ook so gekamoevleer. Moet dit tog net nie self probeer aanmekaar naai nie, dis sooo middeleeus. Kry vir jou `n kêrel wat dit vir jou sal doen, daar is baie van hulle daar buite.
Dan moet julle ook dadelik `n boikot aksie teen Truworths en Edgars en Woolies, en sommer alle winkels wat fyn vroue kleertjies verkoop van stapel stuur. Maak dit sommer deel van julle volgende kompetisie. Verdomp, kan jy glo daar is nog modehuise in hierdie tyd wat vroue wil laat seksie en vroulik lyk? Ongehoord sê ek jou. Absoluut geen sosiale verantwoordelikheid van daai kant af nie. Lae halse en hoë roksome, dis om van te huil.
Ek sweer Prof Lizette en Prof Amanda stik in hulle spoeg elke keer as hulle by so `n winkel verby loop.
“In `n land waar geweld `n epidemiese omvang aangeneem het, waar meer vroue as mans vigs opdoen en waar die ANC-jeugliga dit goed vind om in die mees obsene taal oor vroue se seksualiteit te praat, sou mens `n groter sosiale verantwoordelikheid van vrouestudente verwag.” Professor Gouws, wat de hel het hierdie stelling met koskook te doen?
Ek stem saam met professor Rabie. Studentepret behoort anders gedefinieer te word. Wat van “leopard crawling” deur `n modderbad en doringdraad versperrings. Ons moderne mans hou van `n vrou wat haar man kan staan.
Van die Matie manskoshuise verwag ons niks minder as ballet danse en klere-onwerp vir die volgende inter-huis kompetisie nie. Of wil julle as Neanderthallers gebrandmerk word?
En die kaal anties van Darling, hoe sosiaal onverantwoordelik is dit nie! My darling Evita, jy gaan die proffies die aapstuipe laat kry. Moet tog net nie dat daai anties kaal op die verhoog staan en naaiwerk doen nie! Skaam vir jou!
My nuwe girlfriends, pragtige ge-emansipeerde, bevryde meisies.

Oeg….. Neee?!
Is die twee dames nou vir jou mooi?
Girl v/d S, jong en kan hulle vry! As hulle jou `n drukkie gegee het weeet jy jy is gedruk.
En as hulle biceps en triceps so lyk, kan jy dink hoe knyp hulle … nee wag, netnou raak die manne opgewonde.
Nee man, dis nou presies nie hoe `n meisie vir my moet lyk nie, maar dit lyk of ons mans maar daaraan gewoond sal moet raak. Fyn en vroulik is nie meer cool nie, nie vir die nuwe, bevryde vrou nie lyk dit my.
Tog so jammer. Ons verloor almal al die pad. Die sagtheid, die mooi, basies die liefde.
Dankie tog! Amper stik ek aan my se koffie… That ain’t pretty!
is hierdie nou na aanleiding van die koshuis-ding op Maties so voor die naweek? Hmm… Dan is dit ook maar goed die hulle het nie die Serfinals gesien nie!
Hi Girly, miskien moet jy vir ons `n foto van jou stuur in so `n pikante pienk nommertjie?
Serfinals? Vertel asb.
Hoe pikant is ‘n pienk nommertjie?
Of dalk…. Wat is ‘n pikante nommertjie?
Okay.. Sers… Ek was nog nooit in my lewe in ‘n koshuis nie en was saam gesleep (al10 jaar uit varsity uit… bygese)…
Het die ondervinding geniet en was stom geslaan met die talent.
Vroue afdeling gewen deur UJ… Huis Labone…(of so iets)… Swart meisies maar ek glo hulle het verdien om te wen want al die ander girls was so freaken ernstig en somber en die klomp het bietjie humor ingebring.
Hulle het soos voortrekker meisies met kappies aangetrek en het ons ‘n les gegee in hoe om ‘n goeie voortrekkermeisie te wees (Daar was 5 lesse)… Hulle het vreeslik fyn gespot met die Afrikaner siening van wat maak ‘n goeie (trou) vrou… En dan natuurlik het hulle Sarie Marais gesing… wat flippen cool was.
Die jong klomp van PUK het dit nie snaaks gevind nie en was erg geaffronteer om die minste te se…
PUK mans het gewen maar ek my gunsteling was huis Piek…
Girl, soos in die pienk wat die meisie hier bo dra natuurlik. Jy moet jou bril opsit om te sien sy dra iets.
Oeg nee Louwie… duidelik het jy nie gedink daar nie!
….. Ek doen nie pienk nie…..