
Die verlies aan gemeenskap word wêreldwyd betreur. Orals gaan daar `n weeklaag op oor die mens se onbetrokkenheid met sy medemens. Dit is net nie meer soos in die ou dae toe bure nog met mekaar bemoeienis gemaak het nie. Danie Goosen noem dit in sy boek oor die nihilisme, die verlies aan die dramatologie, en meer bepaald vir hom die theürgiese dramatologie (religieus-filosofiese dramaturgieë) wat sy hoogbloei in die vroeë middeleeue beleef het.
As oorsaak word gewys na die gejaagde lewe, materialisme, die oppervlakkigheid van die moderne mens, selfsug, individualisme en die tanende invloed van die kerk. Selfs die koms van moderne massa kommunikasie metodes word geblameer vir die verval. Daar word meer as ooit in die geskiedenis inter-persoonlik gekommunikeer deur TV, selfoon, veral deur die internet. Maar daar word nie gepraat nie, nie werklik intiem verkeer soos in die ou dae om die kombuistafel met `n warm beker koffie en beskuit nie. Interaksie is koud en afsydig, al is dit hoe ontboesemend, al is die foto’s wat rondgestuur word hoe eksplisiet.
Sommige skrywers voer die aanvang van die verval van gemeenskap so ver terug as die aftakeling van die feodale stelsel (en ek dog nog altyd dit was `n bose sisteem!) en die begin van die nasie-state, terwyl vandag se postmoderne globalisering as die finale spyker in die kis van gemeenskap gesien word.
Maar was die sogenaamde ‘gemeenskap’ van die ou dae so heg as wat voorgegee word? En was dit werklik so heilsaam vir die gemeenskap, of het dit bloot die stagnante kleindorpse mentaliteit in stand gehou?
Dink aan die skindertonge van Ant San en haar trawante en die twis en tweedrag wat hulle gesaai het. Dink aan die absolute verdeling van bodorp en onderdorp en hoe elkeen deur die gemeenskap se konvensies brutaal op sy plek gehou is.
Onthou die absolute mag wat die kerk oor sy mense uitgeoefen het, en die bitter verdeling van die gemeenskap in kampe van my kerk en jou kerk. Onthou hoe vreemdelinge, veral andertaliges (om nie eers te praat van anderkleuriges) in sulke gemeenskappe behandel is. Nie net hier by ons nie. Dit was en is steeds `n globale verskynsel. En onthou dat die Aarde toe plat was!
Gemeenskap soos dit uitdrukking gevind het in die “goeie ou tyd” was uitsluitend. Dit het gegaan oor “ons” of “my” mense. Die mense van my dorp, my taal, my kerk, my etniese groepie. En die groep is gewoonlik streng beheer deur `n sterk individu of `n klein groepie self aangestelde elite. Hierdie eksklusiewe gemeenskaps groepering was nog altyd `n resep vir oorlog en onderdrukking. Ons teen hulle. Ons is die goeie ouens, hulle is die slegte ouens. Ons moet hulle dood maak voor hulle ons dood maak. In hierdie bestel is individualisme `n vloekwoord en konformering tot die dood toe jou vrypas tot lidmaatskap van onnadenkende slawerny. Presies dit wat ons onder die ou NP/NG bedeling gehad het en wat ons nou weer onder die ANC/SAKP bedeling het.
Is globalisering regtig die vyand van die mens? Is die vervaging, of selfs uitwissing van grense tussen lande en mense uit die bose?
Ek dink nie so nie.
Dis die probleem wat ek ook nog altyd gehad het met mense wat so vasklou aan hulle kultuur of so ween in die National Geographic oor hierdie of daardie kultuur wat verdwyn. n` Kultuur is n` groep reels wat n` samelewing vir homself saamstel om onder n` sekere stel omstandigehede te oorleef. As die omstandighede verander moet jy kan verander of jy gaan jou gat sien. Dis die natuur se reels. Vra die dinosourusse. hahaha.
Die individu is nou wel deesdae minder afhanklik van die groep, maar die mens bly tog nog ‘n sosiale wese. Ons kort intimiteit, soos jy tereg sê: om by mekaar te sit rondom ‘n kombuistafel met ‘n warm beker koffie en beskuit.
Selfs destyds toe IRC (internet relay chat) maar begin het, het dit outomaties gelei na meets (ontmoetings). Ook in die blogosfeer ontwikkel “vriende” die behoefte aan fisiese bymekaarkom-geleenthede.
Ek vermoed die mensdom is op die punt om te besef dat die internet slegs ‘n tool is. Die web 2.0 novelty is ook nou amper verby. Mense sien nie meer die internet as ‘n dotcom goudveld nie, maar bloot as ‘n middel tot ‘n doel.
Dalk swaai die pendulum bloot: mense mxit en tweet en facebook nou vir die vale, maar ná jy gesecond life het, vermoed ek, kom jy tog agter dat real life ‘n beter tydverdryf is?
Skoolkinders vaar beter hierin as ons; hulle gebruik applications met ‘n doel – ons wat in die tyd van floppies gelewe het, span die goed verkeerd in, en dit veroorsaak die oppervlakkigheid van ons kommunikasie, en die verbrokkeling van ‘n community-gevoel.
Jy het dit reg so Marli. Lees nou aan `n boek oor die Engelse en hulle eilandjie en hulle taal. Sal later dalk daaroor blog. Ongelooflik hoe daai ouens rondgevoeter en onderdruk is en toe op een of ander wyse `n wêreld moondheid en wêreldtaal geword het.
Dit sluit aan by my ander pet-onderwerp; die vasklou aan Die Taal. Volgende inskrywing sal dit aanpak.
mnr.muller, ek dink die ontstaan van die global village ontsenu baie mense. Die individue wat kan wegbreek uit die beklemmende klein groepie vind dit opwindend om by die groter geheel in te skakel en het nie die gevoel van verlies aan gemeenskap soos meeste ouer mense nie. Die jongmense van vandag is gereed om uit die lager uit te beweeg (nie die Castle Lager nie. Beslis nie!).
Maar dit is `n evolusionêre proses en gaan nie oornag gebeur nie. Maar dit beter gebeur, anders neuk ons terug in die verlede in soos die Moslem radikales en Neo-natzies en dan het ons `n bloedbad van voor af.
Soos Marli sê, dan het ons ons gat gesien.
As “kultuur” of “taal” eers met ‘n hoofletter geskryf word, dan ontlok jy gewoonlik emosie, ja
Nietemin is daar geldige argumente ter bevordering van multikulturalisme, vermoed ek. Al is dit dalk effens soos om ‘n graaf voor die gety (van één wêreldkultuur) te plant.
Vir ‘n multikulturalistiese identiteitsvorming moet jy egter kan trots wees op:
1. die kompleksiteit van jou unieke herkoms (of dit nou ‘n draai in Holland, Duitsland of Malawi gemaak het),
2. die kultuuraktiwiteite waarmee jy jouself besig (hoe jy tradisies vernuwe en aanpas eerder as klakkeloos navolg), en
3. die ander multikulturalistiese identiteite van diegene rondom jou (en die besef dat ánder kulture/identiteite nie ryker/armer as jou eie is nie).
Die aktiewe “beskerming” van, of “stryd” om, ‘n taal/kultuur is effens onsinnig, want ons Grondwet beskerm dit alreeds.
Daar is geen “totale aanslag” teen ‘n spesifieke taal/kultuur nie; inteendeel, alle minderhede het ‘n voet om op te staan. Die vraag is net hoe: Hoe plant jy jou graaf sodat die gety jou sandkastele nie verspoel nie?
Radikales is altyd die probleem is hulle nie? Daai outjies wat Kultuur gebruik as verskoning vir geweld. Al wat my hoop is is dat Globalisering n` paar van die skerp hoekies kan afskaaf.
Mnr Muller, jy kannie jou sandkastele verewig beskerm nie, terwyl jy besig is met jou graaf teen die gety kom n` reenbui en spoel hom weg of die wind begin korreltjie vir korreltjie hom wegdra
Dis n` onwenbare stryd. Solank jy dit geniet om te speel met die see en die sand is jy ok maar as jy gaan omgekrap raak, kwaad raak vir die see en die wind en die reen, gaan jy n` baie baie ongelukkige persoon wees soos al die ander outjies wat so hard veg vir die sandkastele van hulle jeug en kultuur en geloof…
Wat se Piet in daai liedtjie van hom “die rede hoekom jy voel asof jy heeltyd verloor is omdat jy vir altyd wil lewe”
Ek moenie hierdie tyd van die nag… o gats oggend ‘filosofeer’ nie hahaha
ek vra om verskoning Mnr Muller ek is geneig om te verdwaal in n` lekker metafoor lol
Hehe, wel, daar is ‘n paar opsies:
Jy kan met emmertjie en sandvurkie voortdurend hoër optrek, weg van die gety.
Jy kan met diep slote of hoë mure jouself van die ander sandkastele isoleer.
Of jy kan besef korreltjie klein is jou woord, en saamswem tussen wier en gras telkens as die gety inkom, en weer rondspeel in die sand sodra die gety terugtrek.
Solank jy sonroom aansmeer, sal jy okay wees, vermoed ek. Dis darem nie ‘n tsunami nie.
Intussen lyk dit my bou die wêreld saam aan getypoele sodat daar wel beskutte speelplekkies is met volop skulp en sand.
Ek was die afgelope naweek by Maropeng en het daar uitgevind tradisioneel het mense maar in groepe van so hoogstens 100 geleef. Jy het nooit ander mense gesien nie. Dit moes tog heel anders gewees het.
Piesangverkoper, dink net aan die lekker aande wat daai ouens om die kampvuur deurgebring het, elke aand!
Terwyl hulle vlooie en luise uit mekaar se hare uithaal kuier hulle tot laatnag en vertel skinderstories.
Ek dink hulle het mekaar vrek nodig gehad net om te kon oorleef.
Hulle het die kampvuur opgesoek vir gemeenskap, ons ouens vlug van tyd tot tyd na die stilte van die kampvuur om weg te kom van die gemeenskap!
Kyk net hoe het dinge verander. Eers 100 mensies per nomadiese groep, toe duisende wat `n gebied beset en noem dit “ons plek”. Toe word die grense oorspoel en mijoene beset “ons land” en selfs “ons kontinent” wat hulle tot die dood toe sal beskerm, en nou staan ons op die drempel van `n globale kultuur wat kan sê dit is ons wêreld. Hopelik sal ons eendag kan sê dit is “ons” wêreld, dit sal ons met ons lewens beskerm want dit is al wat ons het.