
Vir die van julle wat Nog nie weet nie, op 27 Augustus sal Mars die naaste aan die Aarde wees wat dit die afgelope 59,619 jaar was. Dit sal `n skamel 55,758,006 kilometers van ons af verby skuur!
Die normale afstand tussen ons en Mars wissel, as gevolg van die eliptiese baan wat veral Mars volg, tussen 56 miljoen km en 100 miljoen km. Nou skuif ons naaste buurman aan ons buitekant weereens stilweg nader.
Vanaf die begin van Augustus sal Mars, naas die Maan, die helderste “ster” in ons nagruim wees. Trek dus julle verkykers nader en soek in die konstelasie van Aquarius, dalk sien julle `n Marsman op sy treker besig om sy lande te ploeg.
Mars is omtrent die helfte so groot soos die Aarde en neem 687 dae om om die Son te wentel. Teenoor ons 365 dae natuurlik `n slakkepas, maar dan het hy/sy natuurlik `n langer pad as ons te loop.
En onthou tog, die rooi planeet was natuurlik die eerste blyplek van ou Marduk en sy trawante. Dit was voor die groot Sondevloed, waarna Mars onbewoonbaar geword het.
Kyk en geniet.
Dit het al reeds gebeur in 2003. Die volgende keer wat Mars weer amper so naby sal wees is die jaar 2018. In 2287 sal dit nog nader aan die Aarde wees as 27 August 2003.